Natuurlik sal my trippie nie volledig wees sonder die Moederkerk op Stellenbosch nie. Wat kan ek alles van Stellenbosch sê wat nie reeds tot vervelens toe genoem is nie?
Kommentaar
Lesersgalery: Prominente kerktorings
Deur Charl Cornelissen Gepubliseer op 02 Augustus 2010
Ons “grootmaakkind” speel in die Cravenweek. Ek móét gaan kyk en reël solank verblyf in Stellenbosch. Sewe dae voor die tyd besluit ek, instede van af vlieg, gaan ek ry, en so ver moontlik af van die N1, en as ek die Sondag in die pad val, het ek twee volle dae om daar te kom.
Sondagmiddag 1:30 skuif ek agter die bakkie se wiel in. Klere gepak, koelboks, twee bokse nartjies en vier liter water. Baie musiek en ʼn kamera!
Om nie in die versoeking te kom om net op die N1 te ry nie besluit ek om elke dorp/ie waar ek aangaan, se mees prominente kerktoring af te neem.
Kommentaar