Wacky Wine-naweek

Kom klink 'n glasie op Robertson tydens die Wacky Wine-fees. Verken sommer die dorp en omliggende omgewing wyl jy hier is.
Datum: van 4 Junie 2009 tot 7 Junie 2009
Kom proe en geniet meer as 48 wynkelders se wyne terwyl jy die dorp Robertson verken. Die naweek is propvol aktiwiteite soos wynproesessies, straatteater, ’n plaasmark, kaas- en olyfproesessies, ’n trekkerrit deur die wingerde en vele meer. Veiligiheid word ook in ag geneem en daar sal ’n aangewese bestuurder-program en Buddy Bus-wees sodat jy nie na al die wynproe hoef te bestuur nie.
Koste: ’n R60-paspoort wat vir die hele naweek geldig is, moet by enige van die deelnemende wynkelders gekoop word. Dit sluit in ’n wynglas, gratis 25 ml wynproe-monsters, ’n bottel mineraalwater, die program met spesiale aanbiedinge asook ’n paar verrassings. Jy kan by die toerismeburo registreer vir die Designated driver-program en die buddy Bus sal tussen R150 en R170 p.p. beloop. (Besprekings hiervoor moet teen 27 Mei gemaak word.)
Kontak: Bonita Malherbe by 023 626 3167; manager@robertsonwinevalley.co.za
Web: http://www.wackywineweekend.com













Kommentaar