Kalender - Gebeure dié maand

Previous Next

Die jongste Weg! - Maart 2010

Maart 2010 Previous Next

Maltahöhe se lelies blom


Die blomme se verskeidenheid kleur aan een stingel is interessant. Die een is spierwit met die ander lig- en donkerpienk.
zoom more

Kyk net die mooi kleur

Ná 1 500 km se ry (via Windhoek van Swakopmund af) heen en terug is dit net dié paar foto’s wat ek kan wys...

Ons was teleurgesteld omdat ons volgens die informasie wat ons gekry het die blomme nog baie mooi sou kon sien. Maar toe ons daar kom, was daar net hier en daar nog ‘n mooi blom. Maar ons het tog die idee gekry van hoe dit moet wees as alles in blom is. Die reuk van die paar blomme was oorweldigend, heerlik. En dit moet ongelooflik mooi wees as jy die hele pan so vol blomme sien. Die pan is baie groot.

Ek het met Oliver gepraat van die plaas Sandhof, waar die blomme is.
Die blomme was nie so mooi soos verlede jaar nie. Die reënseisoen het vroeg begin. Dit moet ten minste 35 tot 40 mm op een slag reën om die pan vol te maak sodat die water staan, dan neem dit 5 tot 7 dae vir die lelie om te groei en oop te maak en op die 10de dag is hulle op hul mooiste. Interessant is dat die lelie 30 mm per dag groei. Die vorige jaar was dit baie bewolk en dan hou die blomme langer. Dit was vanjaar baie warm met min opvolgreën en koelte wat die blomme gouer laat afgaan en verwelk.

Die paar wat ons gesien het, was pret om by te kom want jy moes so lekker in die modderwater ploeter om naby die blomme te kom.
Ek het gevoel soos in my kinderjare. Interessant is die verskeidenheid in kleur van blomme aan dieselfde stengel. Spierwit met die ander lig pienk en donker pink. Volgens wat ek kon tel is daar 6 tot 7 blomme aan een stingel. Die pan is 700 hektaar groot,1 hektaar is 100 by 100 meter so jy kan 'n goeie idee kry van hoe groot die vlei is. Die grond van die vlei is kleigrond wat so ses voet diep is en daaronder is daar ‘n soliede rotsbank.

Die blomme kan enigetyd, afhangende van wanneer die reënseisoen begin, verwag word in Februarie en Maart tot selfs in April, maar met die wat die reënseisoen vroeg begin het, was die blomme ook vanjaar vroeër in blom.

Iets wat nog baie interessant vir my is, is dat na al die blomme uitgeblom het, die beeste in die vlei los gelaat word en die blare kan gaan eet. Dis die beste beesvoer en gee dit die lekkerste smaak aan die melk sowel as die vleis van die bees.

Kontak: Oliver by +264 81 1288622; die plaas Sandhof by +264 63 293552 vir meer besonderhede.

Terug nuus toe



Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Geen Verwante fotos

  • Geen verwante fotos...

Soek Nuusargiewe


Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek