Vermis in die Vis - Deel 2
Skrywer: Marius Rohlandt
Dit was laat middag toe ons die plek bereik het waar ons Rick, Sandra en Rene laas gesien het voordat hul verdwaal het. Ons almal het eers daar gerus en gewag tot die laaste stappers opvang het. Vier van die groep het besluit om solank vooruit te stap tot by die volgende rivier kruising. Op hierdie stadium was ons baie onseker of ons die roete kan voltooi voor donker en of ons nog ‘n nag in die Kanyon gaan oornag. Die meeste van ons was reeds baie uitgeput en moes kort-kort rus veral na die dag se harde skofte.
Na so 30 min se harde stap het ons die volgende rivier kruising bereik. Die 4 van ons het ons sakke afgehaal en vir die res gewag. Na so 30 min het ons besef Rick hulle moes al reeds hul verskyning gemaak het. Dit het reeds begin skemer word. Ons het dadelik ‘n geskikte plek gesoek om kamp op te slaan en ek het die pad terug gestap met ‘n koplampie. Daar aangekom was dit reeds sterk skemer. Ek het daar rondgeloop en soek en skreeu maar geen antwoord. Ek kon nie verstaan wat van hulle geword het nie. Daar was een van drie moontlikhede, hulle het die rivier gevolg, hulle het terug gedraai om ‘n geskikte oornag plek te soek, hulle het die sandrivierbeddingtjie gestap wat lyk soos ‘n paadjie.
Dit was reeds donker en ek het besluit om terug te keer na die res van die groep. Die volgende oggend het ek die paatjie weer terug gestap terwyl die ander kamp afslaan. Daar gekom het ek gou al die moontlikhede ondersoek en besluit die sandriviertjie lyk na die beste opsie. Met heelwat spore in die droë rivierbeddining het ek dit gevolg. Hoe verder ek geloop het, hoe minder het die spore geword, tot op ‘n stadium waar ek net 3 pare spore gekry het. Uit die 3 pare spore kon ek een erken wat aan Sandra behoort want loop so effe 10 oor 10. Ek het die spore gevolg vir so 2 ure en besef ek kan dalk self verdwaal en dis dalk beter om hulp te kry. Ek was so 10h00 terug by my vrou (Rentia) waar sy alleen gewag het. Die ander 2 stappers het vroeg begin stap vir Ai-Ais om huld te kry so gou as moontlik. Ek en Rentia het Ai –Ais so 14H00 gereik. Waar ons die voorval toe aangemeld het.
Die volgend dag het ek en die veldwagter Max omstreeks 15H00 vertrek met sy 4x4 bakkie om verder te soek. Max het besluit ons gaan begin soek waar ons die 3 vermistes laas gesien het omstreeks 16H00 het ons die punt bereik waar ons nie verder kon ry nie en het ons begin stap. Twee rivier kruisings later omtrent 17H00 was ons by die plek waar ons Rick hulle laas gesien het. Ons het dadelik die spoor in die sandriviertjie gevat. Ons kon duidelik sien hul was reeds verdwaal op hierdie stadium. Hul spore het gegaan van rivierbeddings tot bokpaadjies en weer in rivierbeddings en weer op bokpaadjies.
Die spore het later net in ‘n rigting begin gaan deur klowe oor droë watervalle en berge. Op hierdie stadium het die spore baie moeilik geword om te volg. Die terrein was baie meer klipperig en hard. Ons het kort-kort die spore verloor, tot ons besluit het om voort te gaan met die soektog in daglig. Op pad terug het ons so effens verdwaal, want die donker berge in die agtergrond was nie meer sigbaar om vir ons rigting aan te dui nie. Dit was reeds pik donker.
Gelukkig het ek vroeër die aand die sterre posisie gelees en kon ons dadelik rigting hou. Max het met my ook geleer om met die rivierbeddings te stap wat sal lei tot die visrivier. By een van die droë watervalle waar ons afgeklim het, het Max sy koplampie laat val. Ons het seker ‘n paar minute gesoek vir die battery. Op een van die koppies het ek en Max gegly op lei klip stukkies. Met geen paadjies en pikdonkerte het ons net regtig gehou tot dat ons die rivier bereik het. Op hierdie stadium was ons redelik uitgeput veral nadat ek die vorige dag die Visrivier roete voltooi het.
Die rivier wal was baie styl en het bestaan uit groot en ronde gladde klippe. Ek was nog besig om vir Max te se ons moet lewer af van die klippe af toe le ek op my rug. Toe Max my wil op trek kom ons agter my linker elmboog het heeltemal uitgehaak. Ek het dit dadelik met my regter arm in geruk. Met my linker hand in my moonbag het ons verder gestap. Ons het heelwat stappers gekry wat hier oornag. Na die eerste rivier kruising op pad terug na die bakkie het ons lank gesoek vir die kortpad.
Die laast paar km was nogal redelik pynlik. Nadat ons die bakkie gekry het, het ons weer goed vas gesit in die riviersand. Nadat ons koppe by mekaar gesit het, het ons die bakkie uitgekry en was ons op pad na Ai-AIS. Ons het die kamp so 10H00 bereik. By die kamp aangekom het ek dadelik vir Rina gevra om soveel as moontlik media te verwittig van ons situasie. Ons het ook vriende van ons in die SA Lugmag ingelig oor ons krisis om uit te vind of hul ons kan by staan.
Die volgende oggend het ek en Max weer vertrek om die soektog voort te sit. Max het besluit ons gaan verder soek langs die plaas op die noord oewer. Op pad na die plaas het ons die plaasvoorman “Spyker” op sy motorfiets raakgeloop. Spyker het ‘n spaar sleutel vir Max gegee om toegang tot die plaas makliker te maak. Hy het ook al die bos paadjies vir Max verduidelik. Spyker het vir ons gesê as ons die mense nie vandag opspoor nie, moet ons hom laat weet dan sal hy mense uitstuur om ons te help soek.
Dit was nie lank of ons het hul spore weer opgetel langs die ou Jeep spoor. Hul het die Jeep spore gevolg tot so 50 meter voor die plaas se draadheining. Daar het hul Suid gedraai in die rigting van Spieelberg. Ons het die spore gevolg met die bakkie oor klipkoppies deur vlaktes en klowe, sandrivierbeddings tot op ‘n punt waar ons glad nie kon deur kom met die bakkie nie. Daarvandaan het ons verder geloop en die spore gesny vir baie kilometers.
Dit was reeds laat middag en die spore wys reguit na Spieelberg. Ons het die spore weer ‘n paar keer verloor asgevolg van die harde klipgrys oppervlaktes. Ons het besef ons moet omdraai indien ons voor donker uit die veld wil wees. Dit sal onmoontlik en baie gevaarlik in die donker wees. Ons het besluit om die volgende oggend met eerste lig voort te gaan met die soektog. Ons was terug by Ai-Ais so sterk skemer se kant.
Daar aangekom het ons die helikopter gehoor. Ons het dadelik probeer om kontak te maak met die Polisie om hulle in te lig in watter rigting ons die vermiste stappers se spoor gevolg het. Net so voor donker het ons die goeie nuus gekry. Stapper gevind so 3 km vanaf Ai-Ais stroom af.
Episode by Ai Ais
Met ons vier se aankoms by Ai-Ais het ons tot die besef gekom dat Rick ons voertuig se sleutel het. Al ons skoon kleure, geld, fone en ekstra beddegoed was als toegesluit in die voertuig. Al uitweg was om ‘n ruit uit te slaan nadat ons ure lank gesukkel het om in te kom. Die hotelbestuurder het te hore gekom van ons penarie en ons oortuig om nie die voertuig te beskadig nie. Hy het ons verseker Rick -hulle sal die volgende dag opdaag. Alex het ook die restaurant en kroeg fasiliteite vir ons aangebied op die boek vir solank as wat dit nodig is.
Die diens, ondersteuning en emosionele betrokkenheid van die groep mense was iets besonders, van die petrol joggie tot die Hotel bestuur. Trudi, Alex se regterhand het al ons administratiewe sake hanteer soos die aanmelding van die vermiste stappers by die polisie tot die in kennis stel van binnelandse sake i.v.m. ons laat vertrek uit die land. Ons het gevoel soos VIP’s. Alex het ook ‘n groep van sy hotel werkers opdrag gegee om aan die soektog deel te neem. Hy het die soek geselskap voorsien met kos pakkies.
Tobias het voorgekom as die leier van die groep. Van die publiek, vakansiegangers en ander stappers het ons oorval met sterkte ondersteuning. Een spesifieke paartjie (Die Liebenberg’s) het vir ons ‘n som geld gegee en gesê ons gaan dit nodig he. “Het nie besef daar is nog sulke mens nie. “
Terug na Lesers vertel | Terug na bo




















Kommentaar