Turkye se herberge vir kamele


zoommore

’n Herberg of caravanserai vir kamele en hul eienaars in Turkye.
zoommore

’n Herberg of caravanserai vir kamele en hul eienaars in Turkye.

Skrywer: Ben v Rensburg

Al gehoor van ’n herberg, hotel of caravanserai vir kamele en hul eienaars? Baie mense is miskien bekend met hierdie tipe verblyf maar vir my as vreemdeling in Turkye was dit ’n interessante ontdekking. Die aanloop tot die oprigting van ’n herberg of caravanserai, soos dit in hierdie land bekend staan, is net so interessant.

Die Chinese het reeds ongeveer 2600 vC sy as ’n weefstof waarmee klere en matte geweef kan word, ontdek. Egiptenare en die Romeine het later teen ongeveer 753vC van hierdie sy bewus begin word en dit van die Chinese begin aankoop. Dit was die voorloper tot die sy-en spesery-roetes uit China na Turkye en ander lande in die 13de en 14de eeu – en verbreding van handelsbande tussen verskillende volke.

Die roete het begin by die huidige Stad Xian in Oos-China, deur onder andere Iran en Irak tot aanvanklik by Konstantinopel oftewel Istanbul soos dit tans bekend staan, in Turkye – ’n afstand van ongeveer 12 000 km.

Hierdie roete was egter nie kinderspeletjies nie en het soms ook ander handelsroetes gekruis. Weersomstandighede was van die uiterste – hoë berge soms met sneeu bedek, uiterste temperature, onherbergsame woestyn met verblindende sandstorms, winde ens. Behalwe hierdie verskriklike weersomstandighede moes die kameelkaravane hul ook nog verdedig teen die aanslag van rowerbendes.

Uit hierdie omstandighede, asook ’n al groter wordende handel in sy tussen China en die Weste is meer dan 100 caravanserais of kameelherberge deur die Sultans begin bou om handel aan te moedig en om handelaars en hul goedere te beskerm.

Caravansarais is ongeveer 40 km uitmekaar gebou – ’n dagreis van ongeveer 9uur met kamele.
Personeel het in baie gevalle bestaan uit ’n dokter, veearts, sjef, grofsmid en Imam. Hier kon kameelkarevane met hul eienaars in veiligheid oorbly, rus, water inneem en ook bid in die geloof wat hul beoefen het – wat in meeste gevalle Islam was, in ’n klein moskee.

Siek eienaars of diere is na omgesien, skoene is versool, en selfs perde is beslaan. Die maksimum tydperk wat akkommodasie gegee is was 3 dae voordat aanbeweeg moes word.
Verblyf,kos en dienste was gratis en hiervoor is betaal uit ’n belasting wat op karavaaneienaars gehef is op goedere wat op die roete vervoer is. Klein dorpies het ook in baie gevalle om hierdie caravansarais ontstaan.

Een van die bes bewaarde en gerestoureerde caravanserais in Turkye het die mooi naam Sultanhani,geleë naby die Stad Aksaray – vandag ’n nasionale monument wat oop is vir die publiek om te besoek en wat net soos ’n kasteel lyk.

Dit het ’n vooraansig van ongeveer 40 meter breed en sye van ongeveer 70 meter lank. Die gebou van ongeveer 3 verdiepings hoog en mure van so een meter dik met uitsigpunte bo-op om aankomende of vertrekkende karavane dop te hou, het ’n groot binnehof met ’n klein moskee in die middel. Aan die een kant van die binnehof is ’n kombuis met onder anderer vuurmaakplek in grond waarop kos in potte gaargemaak is, badkamers en slaapkamers vir reisigers. Aan die ander kant van die binnehof was onderdak stalle vir kamele en perde en plek vir voer. Aan die teenoorgestelde kant van die ingangshek was ’n onderdak vertrek met ’n deur, waar kamele en perde gedurende die straf winters kon slaap en beskerm is teen die weersomstandighede.

Op ’n sekere uur van die aand sal een van die personeel van so ’n caravansarai van binne met ’n trap op die muur klim en op dromme slaan om aankomende karavane te waarsku dat die deur binnekort vir die nag gaan sluit en nie weer voor die volgende oggend oopgemaak gaan word nie.

In 1997 het ’n groep ontdekkers met kamele besluit om die oorspronklike syroete vanuit China tot in Turkye aan te durf – die poging was geslaagd en het ongeveer 14 maande geduur.

Terug na Lesers vertel | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in









Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek