Kan 'n voël vrek van skok?


Skrywer: Stienie Boshoff

Ek is seker elke meisie wat broers het, is van mening dat daar in die wêreld nie erger as die van hul eie is nie!! Dis nie dat myne anders is as die normaal nie, hul het net hul eie ding van doen. Ek het ses broers en twee susters. Ja, jy het reg gelees. Saam is ons nege kinders. Ek gaan nou nie vir jou ons hele lewensgeskiedenis vertel nie, anders gaan ek 'n ensiklopedie vol maak!

In my jeugjare was ek ‘n opperste "tomboy". Kon omtrent als doen wat my broers kon doen behalwe om met ‘n wind buks, nou beter bekend as ‘n pellet, te skiet. Dit was vir my ‘n bitter pil om te sluk, aangesien ek dodelik sekuur met ‘n rek, kon skiet.

Maar laat ek nou vir jou my storie vertel…
Dit was ‘n vroeë herfsdag, net so voor drie, toe twee van my broers, Louwtjie en Stiaan, my in die huis kom roep en sê dat hul vir my ‘n verrassing het. Ietwat opgewonde en effens benoud, vir wat dit nou alweer kan wees, stap ek saam en kry die ander drie, Rikys, Jannie en Dwayne in die voorste motorhuis.

Met die intrapslag sien ek hulle het die deur op 'n skreef van omtrent 30cm gelig het. Louwtjie, die derde jongste, het vir my gesê dat ek weermag-styl op my maag moet lê omdat daar 'n mossie is wat al vir die afgelope vyftien minute op die gras sit en dat dit ‘n geval van nou of nooit is.

Oe, ek kan onthou hoe opgewonde ek was, dit was meer as wat woorde kon beskryf! Hulle gun my die geleentheid om ook nes hulle met die windbuks te kon skiet. Om op daardie stowwerige ou sementvloer te gaan lê het ek nie voor kans gesien nie, aangesien ek pas klaar gebad het, maar vir teestribbel was daar nie tyd nie. Lê moes ek lê. Windbuks gelaai ,ek op my maag, en vyf broers as getuies, of te wel toeskouers…

Ek het die windbuks se visier op die mossie gehou, gekorrel en geskiet…Mis!! Net 'n stofwolkie voor hom! “Ai, tog Stiens!” Moes ek hoor. “Wag ons laai net gou weer die geweer.” Tweede keer weer gereed , windbuks gelaai, terug op my maag, korrel en vuur ... Mis… Krismispoeding! Wat is dit met my? Die keer net agter hom verby. Nou hoe is dit moontlik dat die voëltjie nie al met die eerste skoot weggevlieg het nie? Dit moet ‘n dowe mossie wees, het ek met myself geredeneer! “Nee wag Sus, hy sit nog! Gee gou die geweer, ons laai hom weer voor hy vlieg." kom dit van my broers wat nog al die pad by my staan en my aanmoedig. Hulle het reg, hy het nog nie gevlieg nie. Derde maal windbuks gelaai, gekorrel en gevuur. Nee wat. So kan dit nie aangaan nie, driemaal geskiet, driemaal mis, nie een ven daardie kere het die voëltjie weggevlieg of net n wip sprong vorentoe of agtertoe gegee nie.

“Kom sus, aanhouer wen ,gee weer die geweer!” Kom dit van Stiaan, die tweedejongste.“Nee julle, daar is fout met daardie voel! Ek’t driekeer mis geskiet en nie eenkeer het hy ‘n beweging gemaak nie?! Lig op die deur julle, ek wil gaan kyk.”

“Sussie, probeer net weer, dalk skiet jy hom raak.” Probeer Rikys my troos.“Ja toe nou Stiens” Por die ander seuns wat nog daar staan. “Nee eks nie onnosel nie, daar is fout met daardie voel!’ dis toe dat ek die motorhuis se deur oplig en stadigaan nader sluip…

Steeds beweeg die voëltjie nie. Toe ek voor die arme, dooie voëltjie staan, begin al vyf hardop te lag en ek besef die rakkers het my sowaar ‘n poets gebak! Ek moet erken dat dit baie taktvol beplan was. Juis omdat dit 'n reeds-geskote voëltjie is, met stokkies regop gestut sodat ek nou nie moet agterkom dat onse voël reeds gevrek is nie! Ek was daardie dag woedend en teleurgesteld, maar ek moet eerlik met julle wees; my ego het ‘n groter duik weg as wat ek myself ooit kon voorstel.

Ek het my les geleer. In my lewe het ek nie weer na 'n voëltjie of enige iets soortgelyks probeer skiet nie, met die vrees dat ek dalk weer drie maal na iets gaan mik en mis!! Nee wat, ons los daardie takie maar aan die manne! Ha-ha…

Terug na Lesers vertel | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 7 Desember 2011 | 18:47:59

Baie oulike artikel!!!!!

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in









Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek