Die opwinding van reis in Afrika


Pryswenner!
zoommore

Pryswenner!

Skrywer: Christof Hanekom

ʼn Klompie jare gelede bevind ek myself op n sakebesoek in Kisangani (Demokratiese Republiek van die Kongo). Na afloop van my verpligtinge daar, moet ek terugkeer na Kinshasa en die reis verloop min of meer as volg.

Ek word vroegoggend wakker te midde van n hewige donderstorm. Ek wil vroeg begin beweeg want my vlug vertrek om 15h00 vanaf die lughawe, sowat 25km buite Kisangani. Ek gaan tel dus al vroeg my kaartjie by die kantoor in die dorp op en maak seker ek is reg om vroeg na die lughawe te vertrek.

Die pad lughawe toe, kronkel deur n pragtige omgewing en dit is tipies Afrika met sy “highway-stores” orals langs die pad waar jy enigiets van gebraaide aapvleis tot n tweedehandse uitlaatstelsel vir jou kar kan koop.

Die normale tarief vir n Kongolees na die lughawe, is 10 US$. Buitelanders of witgesigte betaal egter 20 ! Synde ek witgesig is, begroot ek maar die 20 US$ en soek vir my n taxi. Ek kry baie aanbiedinge agterop motorfietse, maar wys dit vriendelik van die hand. Ook die geleentheid agterop die fiets, wys ek van die hand. Uiteindelik kry ek n taxi wat lyk of hy dalk die lughawe kan haal, maar merk dat sy brandstof baie laag is. Ek gee dus vir die bestuurder solank 10 US$ om petrol in te gooi, wat hy toe ook dadelik doen. By die lughawe gekom, gee ek hom sy ander 10 US$. Mens , toe breek alle hel los. Die bestuurder beweer die 10 US$ was vir petrol en nie vir die taxi nie. Sowat tien minute later is ons steeds/nog aan die argumenteer en ek besluit dat my gebroke Frans my nie hier vêr gaan bring nie. Ek slaan dus oor in suiwer Afrikaans. Wat n wonderlike taal. Universeel, want as jy hard en duidelik genoeg praat en jou boodskap met emosie oordra, verstaan mense dit selfs in die hartjie van Afrika.

My vlug kom land net n uur laat en dinge begin rooskleurig lyk dat ek dieselfde aand in Kinshasa sal wees. Toe die vliegtuig egter voor die lughawegebou kom land, trek daar donker rookwolke by die een enjin uit. ‘n Belangrike Kongolees in n uniform stap baie nonchalant nader met n brandblusser in die hand en gee n paar spuite in die enjin. Skielik lyk die Stokou vragvliegtuig wat langsaan geparkeer staan na n baie aantreklike opsie.

Nog het einde niet van my avontuur om terug te kom in Kinshasa. Die vrou wat my die oggend by die kaartjiekantoor op die dorp gehelp het, herken my en kom deel my mee dat die vlug oorbespreek is. Jy kry nie n bespreekte sitplek op die vlugte nie en hulle laai net in tot die vlug vol is. Haar advies aan my is dus om te hardloop sodra die deure oopmaak. So gesê, so gedaan. Ek wag reg by die lughawegebou se deur soos n Olimpiese atleet wat wag vir die skoot om te klap. Toe die deur oopgaan, is ek eerste uit die blokke en ek hardloop so al wat ek kan met my bagasie. So halfpad vliegtuig toe, kyk ek n slag om. Ek het chaos ontketen ! Kort op my hake volg n stewige mamma met n baba op die arm. En dan die hordes ! Die arme veiligheidswag by die vliegtuig skrik so groot toe hy die hordes op hom sien afstorm, dat hy als neersmyt en in die teenoorgestelde rigting laat spaander.
Ek en “Mamma Afrika” kom toe gelyk by die trappies aan. “Ladies first” sê antie. Ek probeer nog hard druk om voor haar by die trappies op te kom, maar besef gou dat ek die geveg nie op n waardige manier gaan wen nie. Haar gewigvoordeel is net eenvoudig te groot..... Ek laat haar dus maar voor my die trappies bestyg . Die hordes het mekaar intussen begin verswelg en ek en mamma klim rustig tot in die vliegtuig. Toe ek en mamma binne is, maak die kajuitpersoneel die deur agter ons toe. Ek dink hulle wou die spul buite laat klaar baklei en dan een-een binne laat. Die ironie is dat toe almal binne is en sitplekke gekry het, is daar nog vyf leë sitplekke oor.

Wat het ek geleer ? In Afrika is daar altyd plek vir nog een, ongeag hoe haastig jy is. Laat die gety jou neem, jy sal ook anderkant uitkom.

Terug na Lesers vertel | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 15 Desember 2011 | 14:45:47

Ek het nou so lekker gelag. Ek vee skoon die trane af. Wat 'n lekker avontuur en storie om te kan vertel. Elizabeth

Gelewer op 15 Desember 2011 | 09:58:47

Lekker Christof! Ek ken jou goed genoeg om te weet dat jy met jou artritis bene in elk geval sou sukkel om die Mama te klop tot by die vliegtuig se deur. Het die vliegtuig toe darem Kinshasa gehaal? Piet.

Gelewer op 2 Desember 2011 | 16:04:05

Pragtige raak beskrywing van ons geliefde kontinent!

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in









Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek