Die Moesie!
Skrywer: Hermann Kring
Soos dit nou maar elke jaar gebeur is die skoolvakansie vinniger op jou as wat jy kan sê "mes" en jy dink dat jy al die beplanning en besprekings vroegtydig gedoen het want anders sit jy op n plek wat net bietjie beter is as die local tavern, wel my beplanning was weereens, al moet ek dit nou self se, baie goed want die plek (in Margate nogal, fênsie nê?) waarin ons gestap het toe ons die deur van die woonstel oopsluit was dêm weelderig, baie mooier as laasjaar se huurkaravaan (omdat ek vergeet het om vroegtydig te bespreek) met die sterretjiekombuis, wel om die waarheid te sê die ding was so geroes dat daar meer gate as dak was, so hierdie jaar moes ek GROOT gaan en my hele begroting vir die jaar is in sy m... kom ons se maar in sy plekkie in.
Nou kyk hierdie woonstel het alles, meer goed in as, wat is daai ou, ag man jy weet, die ouens wat daar bly waar daar so baie sand is, nee nie Builders Warehouse nie, die Sahara, O ja! 'n Sjiek se plek, daar is even 'n ensweet badkamer (hoef nie deur die nag in die donker of gou na die bos toe te hardloop nie of na n baie scary communal badkamers toe nie, nee hierdie plek het sy eie badkamer, handdoeke, sepies en tandeborsels (het ek vergeet om vir jou te se dat my begroting in sy peetjie in is) met groot spieëls, lekker plek hierdie!
Ja jy het gedink dat jy alles gepak (bier inpak is mos “alles”) het totdat jy by die vakansiebestemming opdaag, want dan kort daar mos nou die goed en daai goed, wel shopping gaan ek nie, ek gaan myself treat met 'n lekker laaaaang stort, water temperatuur is reg en ek bekyk die fênsie badkamer, wel so staan ek mos toe voor die spieël, ja, kaalgat, hoe anners staan jy dan nou voor die ding en ek se vir myself, maar die ding lieg nou mos verskriklik want so 'n groot moesie het ek nog nooit gehad nie en ook nie “daar” nie, nodeloos om te sê dit wassie 'n moesie nie en ja hy was toe ook “daar” jy weet “daar onner” van geboorte af.
Wat 'n sight sê ek vir jou en ek wonder hoekom ek die ou dingetjie dan so anners voorgestel het, ja ook! ek het hom lanklaas gesien (onthou ons praat nou nog hier van die ou moesie ne!) toe slaan dit my soos 'n plank teen die kop, die spieël lieg, ek moet dadelik n anner een kry en ek hardloop, Ok! met my gewig is enige iets meer as 'n waggel hardloop, maar dit nou daar gelaat, hardloop ek toe nou badkamer toe vir die handspieël, draai die kombers weer om my, kan jy nou glo hoe klein hulle deesdae handdoeke maak, in my jonger dae was die goed so groot dat die hele familie die ding kon gebruik het sonder om n kwart nat te maak, en hardloop weer terug kamer toe, want die moesie moet van nader bekyk word.
Gelukkig vir my is dit een van daai draai spieëltjies wat goed klein maak aan die een kant en groot maak aan die anner kant, maar die ou spieëltjie se handle is te kort en om hom “daar” onner te kry en moes ek een of ander kamasutra move trek om hom op so 'n posisie te kry dat ek kan sien, liewe vader wat 'n skok kry ek want ek het die klein kant gebruik en moes toe amper weer hardloop vir my bril want geen normale mens kan mos nou die ou moesie sien nie, ek draai toe die ou spieëltjie versigtig om, dit nadat ek my hamstring, pankreas en what not geskeur het, ek het amper aan die gil gegaan as dit nie was vir die feit dat ek nog in een of ander kamasutra strek of rek posisie was nie, want daar voor my oë op die ou spieëltjie staar 'n dingetjie na my wat nie so gelyk het vandat ek hom laas gesien het toe ek nog rugby gespeel het nie, Ok! toe was 'n spieël ook nie nodig gewees nie.
Ek lê terug met sweet wat my af tap, ek dink dit is angs, want ek was mos fiks gewees in die army 17 jaar terug so dit moet angs wees. My brein gaan deur alle moontlikhede van wat verkeerd kon gegaan het, en ek dink terug na my mangelverwydering-operasie, het hulle nie dalk die verkeerde dinge verwyder nie, of toe ek my wortelkanaal-behandeling laat doen het nie, wat doen die goed in die eerste plek met wortels, en so gaan al hierdie goed deur my kop, van my ma se sussie se secret herbs en spices-hoender tot en met die special nagmaal wyn wat hulle op 'n special gekry het by 'n anner kerk se bazaar, maar niks gee my die antwoord tot my klein of is dit nou 'n groot probleem nie.
Soos 'n vark wat losgelaat was in die middle van 'n moslem moskee slaan dit my, dit moet my arms wees wat korter geraak het, want ek moes kamasutra moves getrek het om die spieëltjie “daar” onner te gekry het en lately sukkel ek ook om my sterre af te vee, met verligting op my gesig lê ek terug op my rug op die bed en neem n paar van daai “Le Mans” klasse vir vroue asemhalings, breathe in , breathe out, want hulle kan mos met een of anner operasie weer my arms rek, die possibilities van hoe my arms korter geraak het is oneindig, die selfhelpklasse vir seuns was eerste in my kop maar dit so ver ek verstaan kon jou net hare op jou hande gee of partially blind maak, maar die possibilities bly oneindig.
Nou soos ek lê en dink aan operasies vir arm verlengings ensovoorts kyk ek af na my voete, watter F*&^%en voete, hulle het ook kleiner geword, wat is fout met my, ek doen gou weer van daai pregnant vrou asemhalings oefeninge en amper maak ek van my bed 'n kompos hoop want soos ek asemhaal verander my 74 cm TV na 'n portable TV met die inasem en weer terug na n 74 cm TV met die uitasem, dis nie my arms nie, dis nie die spieëltjie met die kort handletjie nie, dis my maag wat so groot is dat die res van my lyf klein lyk. O ja, en die moesie wel ek het 'n afspraak by die dokter volgende week om hom te verwyder want almal het daai tyd gedink dis 'n moesie, wel, dit was nie, dit was maar net 'n kwaadaardige geboorte vlek.
Terug na Lesers vertel | Terug na bo
Gelewer op 27 Januarie 2012 | 18:16:25
Jou **** jou storie is sif en boring small minded
Gelewer op 17 Januarie 2012 | 19:36:03
Ek het die baie geniet dankie . . . . . kon n prentjie in my kop maak, en lekker gelag - amper gedink die was aambeie
Gelewer op 9 Januarie 2012 | 17:13:39
Al wat "effens vieslik "is , is jou gedagtes ! Bwhahahaha Groete , Tannie **** en haar 5 dogters
Nog resultate: Bladsy | 1 | 2


















Kommentaar