'n Outydse plaashuis met 'n spoeltoilet


zoommore

Skrywer: Andre Erwee

Een Vrydagaand sit ons aan tafel besig om te eet, toe die telefoon lui. Pa vra verskoning en gaan antwoord. Toe hy terugkom, vertel hy dat dit ouma Toerien was. Sy nooi ons uit om volgende naweek op die plaas te kom kuier, sy organiseer ook ‘n lekker boeredans vir die Saterdagaand. Oupa Hendrik sal ‘n skaap en ‘n paar hoenders slag. Dit gaan net te lekker wees.

Die volgende Saterdagoggend val ons met die ou Prefek-karretjie in die pad. Ons ry deur Pretoria en neem die pad Warmbad toe. By Pienaarsrivier draai ons regs oor die treinspoor en ry in die rigting van Settlers en Tuinplaas. Die plaas is min of meer tussen die twee plekkies geleë. Die grondpad is plek-plek baie skurf, die karretjie skommel en skut.

Op een plek is daar nog diep spore wat ‘n trekkerband in die reëntyd daar gelaat het, die kar is só laag dat sy onderstel teen die band-gemaakte middelmannetjie skuur. Gelukkig het ons sonder probleme daar oorgekom en al stampend by die plaashek aangekom. Nadat ons deur die hek gery het, die hek weer toegemaak het, het ons op die sandpad beland. Ek moet sê die stof het in die kar rond gedwarrel en my laat nies.

Die pad slinger deur die dig begroeide doringbome tot by die plaashuis. Die ou plaashuis se mure is wit geverf, sy dak donkergroen, selfs die baksteenskoorsteen van die kaggel is groen. Aan die linkerkant van die huis bo-op ‘n klipgeboude platform staan ‘n groot watertenk, en ‘n entjie daarvandaan staan die windpomp. Die windpomp se wiel draai kraak-kraak in die ligte noordewindjie en pomp ‘n straaltjie water na die watertenk toe.

So ongeveer twintig meter van die huis af onder ‘n groot wildevyboom is die werkers se kosmaakplek. Daar maak hulle pap gaar en braai ʼn vleisie, of bak eiers om saam met die pap te eet. Die huis het ʼn stoep reg rondom wat met gaasdraad toegespan is, die buite gaasdeur maak ʼn kraak geluid as hy oop gemaak word. In die sit-eetkamer staan ʼn groot familie-eettafel en agt stoele.

Onder die koffietafel lê ‘n swart beesvel, wat mooi inskakel met die res van die vertrek. Teen die een muur hang ʼn natuurtoneel skildery, teen die ander muur hang ʼn tapisserie van die laaste Avondmaal. ʼn Koedoekop met mooi horings is teen die noordelike muur gemonteer. Teen die suide muur staan die groot oorlosie en tik-tik en tik elke minuut verby. In elke kamer is daar behalwe vir ʼn bed ook ʼn wastafeltjie, met wasskottel en ʼn water beker daarop.

Op die bedkassie staan daar ʼn kers- regop in ʼn blaker en vuurhoutjies. As jy op die agterstoep staan en kyk na buite, blink die buitetoilet dof in die son, ongeveer twintig meter van die huis af. Net links van die toilet groei ʼn laning turksvy. As ʼn mens bietjie verder kyk sien jy nog ʼn windpomp wat ʼn sementdam moet volhou. Die water in die dam blink in die son.

Die middag na ete gaan almal bietjie rus. Ons jonges sit op die riempiebank op die voorstoep en gesels. Die sonbesies raas in die bosveld bome, in die kremetart boom sit ʼn hoep-hoep en roep na ʼn wyfie. In die skaduwee van die groot wildevy loop ʼn paar tortel-en bosduiwe opsoek na ʼn kossie. Wat ʼn rustige toneel.

Teen sononder eet ons aandete en so teen seweuur kom die bure en die drie orkeslede op die plaas aan. Ouma heet almal welkom en sê die dans begin eers later. Die orkeslede gaan sit en begin die instrumente instel. Duimpie speel die banjo, Jan die konsertina, en lang Piet die kitaar. Die orkes val weg met ʼn wals, die dans het begin en die voggies vloei.

Later die aand voel Rina die natuur roep, sy moet buitetoilet toe stap. Sy gaan kombuis toe, kry ʼn flits en stap toilet toe. Sy voel so effens hoenderkop van die wyn, maar stap aan toilet toe. Sy maak die sinkdeur oop, die skerp reuk van die ontsmettingsmiddel prikkel haar neusgate. Sy lig met die flits na binne, en wat sy sien, laat haar ʼn giletjie gee.

Op die sitplek sit ʼn ou groot spinnekop. Rina praat mooi met die spinnekop, sy soebat, maar niks help nie, sy beweeg haar een hand stadig in die rigting van die spinnekop. Die volgende oomblik beweeg die spinnekop vinnig in die rigting van haar hand, dit was net te veel vir haar, die flits val uit haar hand en sy val by die deur uit en beland op die grond, lam van die skrik. Sy staan op en gaan doen haar ding langs ʼn turksvybos. Toe sy opstaan, skuur haar boude teen die dorinkies van die turksvyblaar. By die huis aangekom, vertel sy vir ouma Toerien wat gebeur het en vra haar om die dorinkies uit te trek. Ouma het eers gelag, en toe met die haartangetjie die dorings een-een uitgetrek.

Na die “operasie” verby was, stap Rina na die voorstoep toe net om te sien dat die dans verby is, die mense begin groet, en val in die pad huis toe. Wat ʼn nag, sy sal nooit weer by ʼn turksvybos gaan sit as die natuur roep nie.

Terug na Lesers vertel | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 14 Februarie 2012 | 08:47:43

Baie dankie vir die opmerking oor die kremetart boom,onthou die verhaal kon op enige plek afgespeel het.Die plek name is sommer lukraak gekies.Maar dankie in elk geval ,ek waardeer Andre Erwee

Gelewer op 8 Februarie 2012 | 16:07:08

daar groei nie kremetart bome naby Settlers nie mense. Hulle kry jy eers doer agter die soutpansberg

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in









Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek