Duisende diere en voëls deel die wildtuin met toeriste. Dit is daarom belangrik om die reëls te gehoorsaam en só mense- en dierelewens te beskerm. Lees asseblief die reëls hieronder.
|
Die snelheidsgrens is 50 km/h op teerpaaie en 40 km/h op grondpaaie. Onthou, hierdie snelhede is reeds vinniger as wat vir wildkyk (25 km/h) aanbeveel word. Hoë snelhede lei tot die dood van baie diere op die paaie, bederf die safari-ervaring vir ander besoekers en beperk jou kans om diere raak te sien. |
|
Moet nooit op ’n wildrit uit jou voertuig klim of by die venster uit leun om beter te kan sien nie. Geen liggaamsdeel mag by vensters of sondakke uitsteek nie. Nie net stel jy jou lewe in gevaar nie, maar jou bewegings kan ook die wild afskrik sodat jy niks te siene kry nie. Besoekers mag wel op sekere plekke uitklim, soos piekniekterreine en spesifieke uitkykpunte. |
|
Moet asseblief nooit die diere voer nie – nie op ’n nagrit, by piekniekterreine of in die ruskampe nie. Diere wat gevoer word, kan mense byt of die gewoonte kweek om kos te steel of te bedel, en moet mettertyd van kant gemaak word. |
|
Hou asseblief by die hektye. Moenie laat in die ruskamp aankom nie, want jy sal beboet word. Die sluitingstye word duidelik by ingange aangedui. |
|
Besoekers mag net op die teer- en grondpaaie reis wat aangedui word. Geen voertuig mag die pad verlaat en in die veld ry nie. Moet asseblief ook nie op paaie ry met ’n geentoegangbordjie nie. |
|
Besoekers mag net in die ruskampe of oornagskuilings oornag. ’n Mens mag nie buite hierdie gebiede kamp of in voertuie slaap nie. |
|
Alle verblyf en kampeerterreine kan van 12:00 af beset word en moet teen 09:00 ontruim word. |
|
Besoekers mag niks uit die veld verwyder nie – hout, vere, bene, blomme, ystervarkpenne en ander natuurlike voorwerpe is taboe. |
|
Vuurwapens moet by die hek verklaar word. |
|
Geen troeteldiere word in die wildtuin toegelaat nie. |
|
Skakel asseblief selfone se luitoon af om alle besoekers se ervaring aangenaam te maak. |
|
Moet nooit sigaretstompies of enigiets wat ’n veldbrand kan begin, by die venster uitgooi nie. |

Dié bergskilpad is op ’n grondpad doodgery – waarskynlik deur iemand wat te vinnig gery het. Hou jou oë oop vir skilpaaie, verkleurmannetjies en voëls wat die pad gebruik.
As jy registreer kan jy:







