area map key

 


Wildkyk by Tshokwane


Die plantegroei in die omgewing van die Tshokwane-piekniekterrein in die sentraal-suidelike deel van die wildtuin is uiteenlopend, maar hoofsaaklik oop savannevelde. Jy het ’n goeie kans om olifante en swartwitpensbokke te sien, veral net wes van die piekniekterrein. Maak ook ’n draai by die Nkumbe-uitkykpunt net suid van Tshokwane. Daar is nie ’n hoofruskamp naby die Tshokwane-piekniekterrein nie.

Beweeg jou muis oor die wildkykkaart hieronder

Foto’s van plekke wat ’n besoek werd is, soos kampe, paaie en watergate, sal dan op jou skerm verskyn. As iets jou aandag trek, klik daarop vir nog inligting.

Tshokwane area map

 
Wat kan jy by Tshokwane sien?
   
 
 
Roofdiere
lions

As jy graag roofdiere wil sien, kyk veral noordwes van die piekniekterrein en langs die suidelike Nhlangulenipad, die S34-Munywinipad en die S33-Vutomipad. Die digte plantegroei langs die S33 en S34 is ook ideaal vir luiperds. Die beste gebied vir jagluiperds is die S35-Lindandapad, die suidelike deel van die S37-Trichardtpad en die H1-2 na Skukuza.

   
 
 
Renosters en olifante
white rhino

Olifante is baie algemeen in die gebied en sommige dae is daar sommer ’n klompie kuddes rondom die piekniekterrein. Die H1-2, H1-3 en H10 is dié reuse se uithangplek. Jy sal witrenosters teëkom in die oop gebiede langs die H1-3 tussen Tshokwane en Satara, terwyl die sku swartrenoster in die struike in die gebied skuil.

   
 
 
Kameelperde en sebras
giraffe

Kyk uit vir kameelperde en sebras in die oop gebied noordoos van Tshokwane langs die S35- en S37-Trichardtpad, langs die kort S32-gruispad verby die Orpendam en die S33-Vutomipad.

   
 
 
Natuurskoon
scenery

Die stil, smal S33-Vutomipad neem jou deur pragtige natuurskoon na die Vutomidam, die speelplek van die waterbokke. Die res van die pad het besonderse plantegroei en is in ’n redelik goeie toestand. Die S35-Lindandapad is ook mooi.

   
 
 
Voëls
european roller

Daar is baie damme en watergate langs die H1-2-teerpad suidwes van Tshokwane, meestal aan die pad se noordekant. Kolganse, nonnetjie-eende, hamerkoppe, bontkiewiete, lepelaars, slanghalsvoëls, ’n verskeidenheid byvreters, visvangers en ander watervoëls kom hier voor.

 

   
   

 

Onthou, geluk speel ’n rol, maar as jy die regte pad op die regte tyd ry, het jy ’n veel beter kans om nog ’n spesie op jou lysie af te merk. Gaan na ons Wenwenke-blad vir nog nuttige inligting oor wildkyk.



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.