
Skukuza in die suide is die wildtuin se spreekwoordelike hoofstad, wat beteken die paaie kan druk besig raak, veral in vakansies. Gelukkig is daar baie roetes wat deur verskillende habitatte loop, van oop vlaktes tot digte struike. Skukuza is een van die min plekke waar jy die swartrenoster en die wildehond kan sien. Luiperds is algemeen langs die Sabierivier en leeus en jagluiperds word ook in die omgewing aangetref.
Foto’s van plekke wat ’n besoek werd is, soos kampe, paaie en watergate, sal dan op jou skerm verskyn. As iets jou aandag trek, klik daarop vir nog inligting.

Roofdiere |
||
|
Skukuza kan óf ’n uitsonderlike ervaring óf ’n teleurstelling wees. Leeus kan jy vroegoggend op al die teerpaaie om die kamp sien, veral die S1 en die H1-1. Vir luiperds, ry vroegoggend stadig met die H4-1, die H11 en die S1. Die beste plek vir jagluiperds is die S30-Salitjepad, veral in die middel waar die veld oop is. Skukuza is die beste plek vir wildehonde – hulle is langs al die paaie, maar meestal die H11 na die Krugerhek en die oostelike deel van die S1-Doispanepad. |
|
Renosters en olifante |
||
|
Jy sal reuse-kuddes raakloop langs die H1-2 tussen Skukuza en die Tshokwane-piekniekterrein, en langs die H4-1-rivierpad. Die S1 is ook ’n goeie plek; kyk hier uit vir veral groot bulle. |
|
Kameelperde en sebras |
||
|
Kameelperde is dikwels langs die H11-teerpad tussen Skukuza en die Paul Krugerhek en die S114-gruispad verby die Renosterkoppiesdam. Sebras word gereeld langs die S1 gesien, veral naby die Phabenihek waar die plantegroei minder dig is as by Skukuza, en langs die S4. |
|
Natuurskoon |
||
|
Vir die eerste 10 km aan die oostelike punt van die S1-Doispanepad ry jy deur ’n pragtige oop veld met massiewe bome langs die pad. Die kliprante is asemrowend in die dag se eerste of laaste sonstrale. |
|
Voëls |
||
|
Kyk uit vir papegaaiduiwe in die vyebome in die kamp. Die Lake Panic-skuiling is 20 minute van die kamp af en die beste plek om ’n middag deur te bring. Hier kan jy reiers, visvangers, eende en ganse, dikkoppe, koningriethane en langtone sien en foto’s neem. Langs die H3-teerpad is troupante, veral in die somer, wanneer baie trekvoëls ook hier aandoen. By die H4-1-rivierpad is gewone vleiloeries, rooiborsbyvreters (in die somer) en ’n groot verskeidenheid roofvoëls. |
|
Onthou, geluk speel ’n rol, maar as jy die regte pad op die regte tyd ry, het jy ’n veel beter kans om nog ’n spesie op jou lysie af te merk. Gaan na ons Wenwenke-blad vir nog nuttige inligting oor wildkyk.
As jy registreer kan jy:







