Wildkyk by Shingwedzi
Shingwedziin die wildtuin se noordelike mopanieveld het pragtige rivierpaaie en baie olifante en buffels. Luiperds en tropiese grysbokke loop ook in die rivierbeddings. Die oop vlaktes noord van Shingwedzihet bastergemsbokke en elande en voëls is volop.
Beweeg jou muis oor die wildkykkaart hieronder.
Foto’s van plekke wat ’n besoek werd is, soos kampe, paaie en watergate, sal dan op jou skerm verskyn. As iets jou aandag trek, klik daarop vir nog inligting.

Wat kan jy by Shingwedzi sien?
|
|
Roofdiere
Daar is dikwels luiperds aan die noordelike punt van die S50 . Langs die H1-6-noord, omtrent 6,8 km van Shingwedzi af, maak gevlekte hiënas soms nes. Leeus en luiperds is dikwels langs die S52.
|
|
|
Olifante
Olifante is volop langs die paaie om die ruskamp. Kyk uit vir hulle in die Shingwedzirivierbedding, veral by die klein S135 -sementbrug agter die ruskamp en langs die S52 Red Rocks-omrit.
|
|
|
Buffels
Dis maklik om buffels hier te kry; jy sal langs enige deel van die Shingwedzirivier ’n klompie ou bulle of selfs ’n groot kudde sien water drink en rus by die rivierbedding (ry met die H1-6 noordwaarts of met die S52). Hulle word ook gereeld gesien in die Mphongolorivierbedding langs die S56 en by die hoë brug oor die Shingwedzirivier (waar die H1-7 van die H1-6-noord skei).
|
|
|
Krokodille
Vir dié langgesigte kan jy enige pad langs die Shingwedzirivier ry, veral waar die S52 die rivier kruis of op die hoë brug waar die H1-6-noord by die H1-7 aansluit. Die beste plek is die smal sementbrug op die S135 agter die ruskamp. Wanneer daar water in die rivier is, kom die krokodille langs die brug bymekaar en wag dat die visse in hulle bek spring.
|
|
|
Natuurskoon
Die S52het uitkykpunte by Red Rocks en Tshanga. Die S56-Mphongolo-omrit kronkel deur rivierwoude met reuse-bome en pragtige uitsigte.
|
|
|
Voëls
Shingwedzi is die habitat van baie spesiale voëls, soos lysternagtegale en palmmôrelysters. Ná goeie reën kom bloureiers, nimmersatte, grootwitreiers en groenrugreiers bymekaar by die S135 laagwaterbrug. By die Kanniedooddam kan jy kolganse, visarende en verskeie kleiner voëls soos visvangers en swaeltjies sien.low water bridge.
|
Onthou, geluk speel ’n rol, maar as jy die regte pad op die regte tyd ry, het jy ’n veel beter kans om nog ’n spesie op jou lysie af te merk. Gaan na ons Wenwenke-blad vir nog nuttige inligting oor wildkyk.