
Satara in die suidelike sentrale deel van die wildtuin is leeuwêreld – veral langs die S100-N'wanetsirivierpad net oos van die kamp. Die oop vlaktes rondom die kamp lok groot getalle sebras, blouwildebeeste en buffels, wat op hul beurt weer roofdiere lok.
Foto’s van plekke wat ’n besoek werd is, soos kampe, paaie en watergate, sal dan op jou skerm verskyn. As iets jou aandag trek, klik daarop vir nog inligting

Roofdiere |
||
|
Langs die S100 sien jy leeus, jagluiperds en luiperds. Leeus kom ook op baie ander paaie voor; ry gerus vroegoggend en laatmiddag ’n draai. Ry wes met die H7 na waar dit kruis met die S36 en S39-suid . Daar is ook hiënaneste langs die H6, omtrent 9 km oos van die H1-3.
|
|
Renosters en olifante |
||
|
Witrenosters kan al langs die S41 gesien word, veral in die oop gebied in die noorde waar die S41 by die S90 aansluit. Olifante is oral om Satara, maar volop langs die S90 , veral in die somer, asook langs die H1-4 . Die S100 en die S126 kan ook olifante oplewer.
|
|
Sebras en kameelperde |
||
|
Omdat Satara so oop is, kan sebras langs amper al die paaie gesien word. Baie groot kuddes met tot 100 sebras is veral in die somer net noord van die kamp langs die H1-4 Sebras en kameelperde peusel ook dikwels aan die akasiabome langs die S100 . |
|
Seekoeie |
||
|
Die Nsemanidam langs die H7 , omtrent 10 km van die ruskamp af, is die plek om seekoeie te gaan soek. Vroegoggend of op bewolkte dae sal jy dié ou grotes buite die water kry. Kyk ook uit vir seekoeie langs die S41 net suid van die kruising met die S100 Soms swem hulle in die N'wanetsirivier. |
|
Natuurskoon |
||
|
Die bekende S100-N'wanetsirivierpad is ’n lus vir die oog. Hierdie gruispad van 19 km kronkel saam met die N'wanetsirivier deur pragtige oop savannes. Aan die een kant het jy dus digte struike en die rivierbedding en aan die ander kant die oop akasiavlaktes. Reuse-bome groei al langs die rivierbedding. |
|
Voëls |
||
|
Satara se oop veld spog met gompoue, sekretarisvoëls en volstruise – veral langs die S90 en die H1-4. Berghane is dikwels langs die S126, S100 en die H1-3 net suid van Satara. In die somer sien jy ook yslike swerms rooibekkweleas. Hulle broei soms langs die S12, S39-suid en die noordelike punt van die S36. |
|
Onthou, geluk speel ’n rol, maar as jy die regte pad op die regte tyd ry, het jy ’n veel beter kans om nog ’n spesie op jou lysie af te merk. Gaan na ons Wenwenke-blad vir nog nuttige inligting oor wildkyk.
As jy registreer kan jy:







