
Punda Maria in die noorde van die wildtuin is gewild onder voëlkykers en mense wat wil wegkom van die bedrywige suide. Die uiteenlopende plantegroei van Punda Maria en Pafuri se unieke sandveldhabitat lok baie diere en voëls. Skaars boksoorte soos die bastergemsbok, eland, njala, tropiese grysbok en soenie kan in die noordelike punt van die wildtuin gesien word.
Foto’s van plekke wat ’n besoek werd is, soos kampe, paaie en watergate, sal dan op jou skerm verskyn. As iets jou aandag trek, klik daarop vir nog inligting.

![]() |
RoofdiereLuiperds en leeus kom van tyd tot tyd naby die ruskamp, veral langs die S99-Mahonie-omrit. Kyk ook uit vir luiperds langs die S63-Luvuvhurivierpad. Die naaste plek vir jagluiperds is die Babalala-piekniekterrein langs die H1-7. |
![]() |
Olifante en buffelsOlifante is gereeld langs die S99-Mahonie-omrit en die H1-8-teerpad noord na Pafuri. Olifante en buffels les hulle dors by die Mashikhiri- en Nkovakulu-watergat. Olifante is ook soms by die Thulamila-watergat suidwes van die ruskamp. Moenie dié watergat verwar met die Thulamela- argeologiese terrein naby Pafuri nie. |
![]() |
Skaars boksoortePunda Maria is bekend vir njalas, soenies, tropiese grysbokke en bastergemsbokke. Njalas en tropiese grysbokke is volop langs die S99, S64 en S63. Die klein, skugter soenie word soms langs die S63 en S99 gesien. Bastergemsbokke is baie skaars, maar as jy gelukkig is, kry jy ’n kudde naby Klopperfontein langs die S61 of H1-8, of langs die H1-7 naby die Babalala-piekniekterrein. |
![]() |
NatuurskoonDie habitat langs die S63-Luvuvhurivierpad verander met elke kilometer wat jy ry. Jy ry deur van rivierplantegroei, hoë woude en akasiasavanne met koorsbome tot ru terrein met lang lalapalms flits. Die omritte gee jou ’n beter uitsig oor die Luvuvhurivier en by Crooks Corner kyk jy oor Suid-Afrika, Zimbabwe en Mosambiek uit. |
![]() |
VoëlsPunda Maria is die beste voëlkykplek in die ganse wildtuin, met voëlsoorte soos die wimpelvlerknaguil, knopstertroupant, geelbektroupant, visuil, beloogbosbontrokkie en bosloerie. Kyk uit vir geelbektroupante in die koorsbome langs die S63 en S64. en die savannepapegaai in die groot bome langs die S99 . Hou ook stil by die Luvuvhurivierbrug net noord van die S63 waar jy kroonarende en stekelsterte kan sien.
|
Onthou, geluk speel ’n rol, maar as jy die regte pad op die regte tyd ry, het jy ’n veel beter kans om nog ’n spesie op jou lysie af te merk. Gaan na ons Wenwenke-blad vir nog nuttige inligting oor wildkyk.
As jy registreer kan jy:







