area map key

 


Wildkyk by Pretoriuskop


Pretoriuskop in die suidweste van die Krugerwildtuin het ’n suurveldhabitat met die kenmerkende lang grasse. Hoewel suurveld nie goeie weiding bied nie, kom van die skaars boksoorte, soos swartwitpense, basterhartbeeste en mofhartbeeste hier voor. Die koppies en rotsriwwe rondom Pretoriuskop kan kilometers ver gesien word.

Beweeg jou muis oor die wildkykkaart hieronder.

Foto’s van plekke wat ’n besoek werd is, soos kampe, paaie en watergate, sal dan op jou skerm verskyn. As iets jou aandag trek, klik daarop vir nog inligting.

pretoriuskop area map

 
Wat kan jy by Pretoriuskop sien?
   
 
 
Roofdiere
leopard

Ondanks die suurveld se lang gras sal jy tog roofdiere rondom Pretoriuskop teëkom. Vir leeus moet jy vroegoggend die klein omritte om die ruskamp of die H1-1-Napihoofpad ry. Luiperds is langs die
S1-Doispanepad te sien. Die S1 kan ook jagluiperds en gevlekte hiënas oplewer. Wildehonde loop soms by die Phabenihek en langs die H1-1 -Napipad.

   
 
 
Renosters en olifante
elephants

Die H1-1-Napipad en die Transportdam het gewoonlik van dié grys reuse en die witrenoster wei graag om Pretoriuskop of tussen die reuse-rotse by die S10 -Shabenikoppie-omrit. Die skugter swartrenoster is soms langs die omritte.

 

   
 
 
Kameelperde en sebras
zebra

Die lang suurveldgras skrik sebras en blouwildebeeste af, maar hulle is wel by die Nyamundwadam langs die S1(rooibokke kom ook hier voor) en naby Ship Mountain langs die H2-2-Voortrekkerpad. Kameelperde hou van die S3-rivierpad langs die Sabierivier.

   
 
 
Skaars boksoorte
tsessebe

Skaars boksoorte verkies lang gras – en dus Pretoriuskop bo die ander gebiede. Basterhartbeeste, swartwitpense, mofhartbeeste, rietbokke en oribies kom hier voor.

   
 
 
Natuurskoon
shabeni koppie

Die S10-Shabeni-omrit neem jou rondom die Shabenikoppie en kronkel deur digte plantegroei waar voëls en koedoes jou uit die ruigtes dophou. Die pad is redelik hoog sodat ’n mens ver oor die veld kan uitkyk. Leeus, luiperds en renosters staan soms op die kliprante.

 

   
 
 
Voëls
dusky lark

Verskeie spesies wat lang gras verkies, kom hier voor. Die S8 -omrit suid van die kamp wemel van voëls – die geveerdes hier is redelik gemaklik met mense. Die S10 is ook die moeite werd. Mesteldam
(S3 suid), Nyamundwadam (S1) en die Shitlhavedam (H1-1) het baie watervoëls.

   
   

Onthou, geluk speel ’n rol, maar as jy die regte pad op die regte tyd ry, het jy ’n veel beter kans om nog ’n spesie op jou lysie af te merk. Gaan na ons Wenwenke-blad vir nog nuttige inligting oor wildkyk.



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.