
Orpen is in die suidelike sentrale deel van die wildtuin aan die westelike grens. Hier is drie ruskampe: Orpen, Tamboti en Maroela. Die gebied oos van die ruskamp is oop savannegrasvlaktes wat ideaal is vir vlaktewild en roofdiere, veral jagluiperds. Die Timbavati-rivier is die hoofbron van water.
Foto’s van plekke wat ’n besoek werd is, soos kampe, paaie en watergate, sal dan op jou skerm verskyn. As iets jou aandag trek, klik daarop vir nog inligting.

Roofdiere |
||
|
’n Stadige rit met die H7 -teerpad na Satara behoort soggens en smiddae leeus, luiperds en jagluiperds op te lewer. Jagluiperds is ook soms by die H7-S36-S39-suidkruising. Die S39-suidhet luiperds en leeus. Kyk ook uit vir luiperds en leeus langs die S106. |
|
Renosters en olifante |
||
|
Witrenosters kom in die eerste 10-15 km van die H7oos van Orpen voor, asook langs die S106. Olifante is lief vir die walle van die Timbavatirivier langs die H7en die S39-suid. In die droë seisoen is hulle dikwels in die rivierbedding. |
|
Sebras, blouwildebeeste en kameelperde |
||
|
Sebras en blouwildebeeste is baie algemeen in die oop gebiede reg oos van Orpen langs die H7 en S106. Hier is hulle die gunstelingprooi van leeus. Kameelperde kom langs die H7 en die suidelike deel van die S39 Timbavatipad voor. |
|
Seekoeie |
||
|
Vir seekoeie, ry met die H7 na die Nsemanidam (dis net voor Satara). Hulle is heeljaar daar en is dikwels buite die water om te wei, veral soggens vroeg en op bewolkte dae. |
|
Natuurskoon |
||
|
Die S39-suid loop langs die Timbavatirivier. Die oop suidelike punt is ideaal vir jagluiperds, terwyl leeus en luiperds die ruier plantegroei van die middelste en noordelike dele verkies. Hier is pragtige rivieruitsigte, maar dis meestal sinkplaatpad. |
|
Voëls |
||
|
Die oop gebied net wes van Orpen langs die H7 lok baie grasveldspesies soos sekretarisvoëls, gompoue en laeveldpatryse. Die S106 -Rabelais-omrit bied langstert- en kremetartlaksmanne, rooi- en geelbekneushoringvoëls en boskorhane. As jy met die H7, na die Nsemanidam ry, kyk uit vir visarende, kolganse en wildemakoue. |
|
Onthou, geluk speel ’n rol, maar as jy die regte pad op die regte tyd ry, het jy ’n veel beter kans om nog ’n spesie op jou lysie af te merk. Gaan na ons Wenwenke-blad vir nog nuttige inligting oor wildkyk.
As jy registreer kan jy:







