
Onder-Sabie in die suidooste van die wildtuin is bekend vir sy diversiteit. Wild en jagluiperds hou van die oop vlaktes net noord en suid van die ruskamp. Net wes van Onder-Sabie, langs die Sabierivier, is die plantegroei ruier en olifante, buffels en luiperds is volop hier. Al die groot roofdiere en baie voëlspesies kom hier voor.
Foto’s van plekke wat ’n besoek werd is, soos kampe, paaie en watergate, sal dan op jou skerm verskyn. As iets jou aandag trek, klik daarop vir nog inligting.

Roofdiere |
||
|
As jy ’n jagluiperd wil sien, ry suid met die S28 na die Krokodilbrug óf noord met die S128, S29 of H10. |
|
Renosters en olifante |
||
|
Die H10-teerpad tussen Onder-Sabie en die Tshokwane-piekniekterrein is ’n goeie plek om na olifante te soek – in die somer sien jy soms sommer 100 in een rit! Langs die H10 en ander grondpaaie noord van die ruskamp sien jy witrenosters, terwyl swartrenosters in die struikgewasse suid van die kamp bly, veral langs die S82. |
|
Buffels |
||
|
Dié grasvreters wei in die vlaktes en in die somer wanneer kos volop is, sien jy kuddes van meer as duisend hier. Die H10-teerpad noord van die ruskamp en die S28-grondpad suid van die ruskamp is ’n goeie begin, maar al die paaie in die gebied kan buffels oplewer. Leeus volg in die kuddes se spore. |
|
Kameelperde en sebras |
||
|
Die beste roete vir dié langnekke en pajamaperde naby Onder-Sabie is die S28-grondpad tussen |
|
Natuurskoon |
||
|
Een van die mooiste paaie hier is die H10-teerpad by Muntshe-koppie, wat omring is met oop plantegroei en groot bome. Aan die westekant is ’n smal rivier en aan die oostekant is die manjifieke Muntshe-koppie. Ry dié stukkie pad stadig om die uitsig te geniet en wees op die uitkyk vir leeus en jagluiperds. |
|
Voëls |
||
|
Onder-Sabie se oop grasveld lok voëls wat skaars is in ander dele van die wildtuin, soos die geelkeelkalkoentjie. Langs al die grondpaaie net noord van die ruskamp is kwartels, patryse, langbeenkorhane en gompoue volop. In die somer is hier baie Europese troupante. |
|
Onthou, geluk speel ’n rol, maar as jy die regte pad op die regte tyd ry, het jy ’n veel beter kans om nog ’n spesie op jou lysie af te merk. Gaan na ons Wenwenke-blad vir nog nuttige inligting oor wildkyk.
As jy registreer kan jy:







