area map key

 

 

Wildkyk by Olifants en Balule


Olifants en Balule in die middel van die wildtuin langs die Olifantsrivier het ’n ryk voëllewe en uitsigte wat vergoed vir die digte plantegroei en min wild.

Beweeg jou muis oor die wildkykkaart hieronder.

Foto’s van plekke wat ’n besoek werd is, soos kampe, paaie en watergate, sal dan op jou skerm verskyn. As iets jou aandag trek, klik daarop vir nog inligting.

olifants game viewing map

 
Wat kan jy by Olifants en Balule sien?
spotted hyaena
 
Roofdiere
Roofdiere

Roofdiere is nie baie volop nie, maar die gevlekte hiëna maak nes langs die H1-4-noord en wildehonde word af en toe langs die S89, S91 en S92 gesien. Jy kan leeus sien langs die H1-4 op pad na die Ngotso-watergate of suid langs die S90 op pad na die Bangu-watergat.

elephants
 
 
Olifante en renosters

Die groot brug oor die Olifantsrivier waar die H1-4 en H1-5 bymekaar kom, is ’n goeie plek om olifante te sien bad. As jy gelukkig is, sien jy dalk hoe hulle die rivier in vloed oorsteek. Ry ook verder noord langs die H1-4 vir olifante, maar dis baie moeilik om renosters in dié gebied op te spoor.

giraffe
 
 
Kameelperde en sebras

Kameelperde, sebras en rooibokke is volop in die oop veld langs die S89, S91 en S92 en die S90. Party dae sien jy sommer ’n klein troppie van elk om elke draai. Noord van die Olifantsrivier kry jy weer digte mopanieveld, waar dié diere se getalle afneem.

scenery
 
 
Natuurskoon

Die S39-north loop langs die Timbavatirivier en het baie uitkykpunte oor die rivier. Die plantegroei verander gereeld en hier is baie klipperige terrein, soos by die klein gronddoodloopstraat ongeveer 5 km van die S39 se noordelike punt. Ry vroegoggend dié pad as die sonlig op die oewer val.

white-breasted cormorant
 
 
Voëls

Balule is bekend vir visuile. Bespreek vir die rivierstaptog en vra jou gids uit oor dié geveerdes.
Die S39-noord langs die Timbavatirivier en die H1-4 naby die Ngotso-watergate huisves bromvoëls. By die brug by die Olifantsrivier (waar die H1-4 en H1-5 bymekaar kom) is baie geelbekwoue.

 

Onthou, geluk speel ’n rol, maar as jy die regte pad op die regte tyd ry, het jy ’n veel beter kans om nog ’n spesie op jou lysie af te merk. Gaan na ons Wenwenke-blad vir nog nuttige inligting oor wildkyk.



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.