area map key

 

 

Wildkyk by Mopani en Tsendze


Mopani en Tsendze in die noorde van die Krugerwildtuin word gekenmerk deur digte mopanieveld, en olifante met reuse-tande word rondom Mopani opgemerk. Die digte veld kan dit moeilik maak om diere te sien, maar in die oop gebied oos van die ruskampe raak dit makliker. Dis een van die beste plekke om die basterhartbees te sien, veral langs die  S143 en die S50-suid. Die S143 is ook ’n goeie plek om uit te kyk vir elande en bastergemsbokke, en die S50 vir rietbokke.

Beweeg jou muis oor die wildkykkaart hieronder.

Foto’s van plekke wat ’n besoek werd is, soos kampe, paaie en watergate, sal dan op jou skerm verskyn. As iets jou aandag trek, klik daarop vir nog inligting.

mopani game viewing map

 
Wat kan jy by Mopani en Tsendze sien?

This is just a short overview of roads in the Mopani/Tsendze area and which ones I suggest you should take, depending on what you hope to see:

lions
 
Roofdiere

Die digte mopanieveld is nie ideaal vir leeus en jagluiperds nie, maar albei is al langs die S49 opgemerk. Leeus beweeg ook langs die S50 tussen die Nshawu-watergate. Vir luiperds moet jy vroegoggend stadig met die H1-6-suid langs die Tsendzerivier ry. Verken die klein omritte naby die rivier en soek hier gevlekte hiënas.

elephant
 
 
Olifante en buffels

Jy kan olifante langs al die paaie rondom Mopani en Tsendze sien. Die S143 is lekker oop in die sentrale deel waar olifantbulle in groot getalle saamtrek. Buffels kom langs die H1-6-suid en H1-6-noord naby Bowkerkop-watergat en die Olifantsbadpan voor.

hippos
 
 
Seekoeie

Die heel beste plek om seekoeie van nader te bekyk is die Shipandani-skuiling, waar baie water in die Tsendzerivier opgaar. Die seekoeie gebruik dit heeljaar en kom in groepe van omtrent 10 voor. Die S142 neem jou na nog ’n gewilde plek – die Pionierskuiling by die Pionierdam voor die Mopani-ruskamp.

tsessebe
 
 
Skaars boksoorte

Baie skaars boksoorte soos die basterhartbees en eland kom hier voor. Vir die basterhartbees ry suidwaarts met die S50  verby die Nshawu-watergate. Hulle is dikwels ook langs die S143-Steenbokskeerkring-omrit in die lang mopaniegrasveld of die oop vlaktes rondom die Thihongonyeni-watergat. Kyk ook hier uit vir elande en bastergemsbokke. Rietbokke is by die Nshawu-watergate langs die S50 te sien..

scenery
 
Natuurskoon

Die S143 -Steenbokskeerkring-omrit is beslis ’n gunsteling. Heelwat wild kom bymekaar in die oop wêreld rondom die Thihongonyeni-watergat en dit lyk baie soos die Serengeti-vlaktes. Die klipperige veld net agter die Shipandani-skuiling en die oop dele langs die Nshawurivier langs die S50 is ook prentjiemooi – veral op ’n mistige someroggend.

 

ostriches
 
 
Voëls

Volstruise is volop by die Thihongonyeni-watergat langs die S143. By die klein sementbrug by die Shipandani-skuiling kan jy bontkiewiete, groenrugreiers, driebandstrandkiewiete en swartriethane sien, en by die skuiling self witrugnagreiers. Geelbekrenostervoëls kuier by die buffels en swartvleiloeries, witborsvleivalke en blouvleivalke is lief vir die Nshawu-dam.

 

Onthou, geluk speel ’n rol, maar as jy die regte pad op die regte tyd ry, het jy ’n veel beter kans om nog ’n spesie op jou lysie af te merk. Gaan na ons Wenwenke-blad vir nog nuttige inligting oor wildkyk.



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.