
Letaba lê in die middel van die Krugerwildtuin in ’n gebied wat deur mopanieveld oorheers word. Olifante en buffels is volop en roofdiere is skaarser, hoewel luiperds redelik gereeld op die oewer van die Letabarivier gesien word. Die pad langs die rivier is een van die mooistes in dié omgewing.
Foto’s van plekke wat ’n besoek werd is, soos kampe, paaie en watergate, sal dan op jou skerm verskyn. As iets jou aandag trek, klik daarop vir nog inligting.

![]() |
RoofdiereRoofdiere is maar skaars by Letaba. Langs sommige paaie, soos die S46 en S47 , kan jy luiperds sien, maar nie aldag nie. Leeus kry jy langs die S62, maar jy het dikwels ’n beter kans langs die H9 . Ry vroegdag na die Phalaborwahek en neem die S51-omrit aan die westelike punt. Leeus is dikwels naby die Sabledam en jagluiperds noord van Letaba langs die H1-6 south, naby die Middelvlei-watergat waar die veld oop is.
|
![]() |
Olifante en renostersLetaba is olifantwêreld en dis ’n kuns om dié reuse hier mis te kyk. Die beste paaie is die H1-6 south -suid net noord van die kamp en die S46, S47 en S94. Hou ook die Letabarivierbedding dop as jy vir middagete by die kafeteria aansit. Renosters is nie volop nie, maar kan langs die H1-6 south-suid en die H15 gesien word. |
![]() |
Sebras en kameelperdeDie oop veld in die noorde van Letaba langs die H1-6 south. is ideaal vir sebras, wildebeeste en rooibokke. Jy sal kameelperde sien langs die S131 -grondpad of die S89, S91 and S92 -suid in die rigting van die Olifantsrivier tussen die Olifants- en Balule-ruskamp. |
![]() |
Buffels’n Mens ry nie sommer met die H9 sonder om ’n kudde buffels te sien nie – die kuddes is dikwels enorm, met tot 500 buffels. Hulle is ook gereeld langs die H1-6-suid en die meeste paaie rondom Letaba. Soms kom jy hulle teë in die rivierbedding voor die ruskamp waar hulle drink, wei of rus. |
![]() |
NatuurskoonDie S46 S46 loop langs die Letabarivier en gee jou wonderlike uitsigte. Hier is jy baie nader aan die water as op ander, hoër paaie en ’n paar van die grondpadomritte neem jou selfs nog nader. Die S47 en S46 is ook mooi. |
![]() |
VoëlsVoëlkykers is gaande oor Letaba. Geelbekrenostervoëls is altyd naby ’n kudde buffels langs die H9. Kyk ook uit vir roofvoëls soos die breëkoparend in die woudagtige gebied langs die S94 buite die ruskamp. Langs die S46 kan jy ook grootwit- en reusereiers saam met ander watervoëls sien. Vlermuisvalke sal jy voor die ruskamp of by die brug oor die Letabarivier met die H1-6 south-suid kry. |
Onthou, geluk speel ’n rol, maar as jy die regte pad op die regte tyd ry, het jy ’n veel beter kans om nog ’n spesie op jou lysie af te merk. Gaan na ons Wenwenke-blad vir nog nuttige inligting oor wildkyk.
As jy registreer kan jy:







