area map key

 


Wildkyk by Berg-en-Dal en Malelane


Berg-en-Dal en Malelane in die suidwestelike punt van die wildtuin, wat ook die mees bergagtige deel is, is miskien nie die opwindendste wildkykplekke nie, maar die groot Krokodilrivier en al die klein riviere bied tog uitstekende geleenthede vir wildkyk. Luiperds en witrenosters kom soek hierdie wêreld gereeld op. Wildehonde word ook dikwels in die Berg-en-Dal-omgewing opgemerk. Die heuwelagtige terrein bied ’n wonderlike uitsig oor die plantegroei.

Beweeg jou muis oor die wildkykkaart hieronder.

Foto’s van plekke wat ’n besoek werd is, soos kampe, paaie en watergate, sal dan op jou skerm verskyn. As iets jou aandag trek, klik daarop vir nog inligting.

berg-en-dal area map

 
Wat kan jy by Berg-en-Dal en Malelane sien?
   
 
 
Roofdiere
leopard

Ry vroegoggend en laatmiddag stadig met die S110-grondpad en S110-teerpad teerpad en kyk uit vir luiperds in die groot bome langs die pad. As jy baie gelukkig is, sien jy dalk een van hierdie skugter katte oor die pad sluip. Probeer die S25 vir leeus en die S114 en die omgewing om die ruskamp vir wildehonde. Gevlekte hiënas loop ook soms op die S119-pad..

   
 
 
Renosters en olifante
rhino

Witrenosters kom algemeen in Berg-en-Dal voor en word dikwels langs die paaie gesien, veral die S110 and S120-grondpad. Die renosters is lief vir James se Watergat en die S119--grondpad op die oewer van die Mlambanerivier. Hulle loer ook gereeld by die  Gardenia-skuiling in om hulle dors te les of te bad.

   
 
 
Kameelperde en sebras
giraffe

Jy kan maklik verby vier of meer kameelperdkuddes ry langs die S25-Krokodilrivierpad. Sebras is nie lief vir die heuwelagtige Berg-en-Dal nie en jy moet baie verder noord tot by die Afsaalpiekniekterrein ry vir dié pajamaperde. Hulle loop wel soms naby die Afsaalpiekniekterein ry vir dié pajamaperde. Hulle loop wel soms naby die Matjulu waterhole en langs die S121-Timfenheni-roete.

   
 
 
Seekoeie
hippo

Seekoeie wei snags om hulle sensitiewe vel teen die son te beskerm. Jy kan hulle dalk nog vroegoggend, veral op bewolkte dae, in die veld teëkom. Dís jou kans om seekoeie buite die water te sien. Moenie skrik as een voor jou oor die S25 -Krokodilrivierpad draf op pad water toe nie.

 

   
 
 
Natuurskoon
river view

Die S23-Biyamiti-roete, wat al langs die oewer van die Biyamitirivier loop, het pragtige natuurtonele. Die walle van die droë rivierbedding is besaai met reuse-bome en rotse en die grondpad kronkel daardeur soos ’n slang. Kyk ook fyn vir wild en voëls.

   
 
 
Voëls
woodland kingfisher

’n Mens kan op een dag tot 50 voëlspesies in die ruskamp sien. Besoek ook die klein rivieroorgange in die gebied – die kuifkopvisvanger en die bosruiter hou van die een by die Mlambanerivier langs die S114 Die Biyamiti-keerwal is net suid van waar die S114 en S23 bymekaar aansluit. Dikkoppe en swartriethane boer hier. Die breëkoparend hou by die S25 Krokodilrivierpad wag.

   
   

Onthou, geluk speel ’n rol, maar as jy die regte pad op die regte tyd ry, het jy ’n veel beter kans om nog ’n spesie op jou lysie af te merk. Gaan na ons Wenwenke-blad vir nog nuttige inligting oor wildkyk.



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.