('n Oornagskuiling net suid van Mopani)
Shipandani is een van twee oornagskuilings in die Krugerwildtuin en is net suid van Mopani langs die grondpad wat na die suidelike punt van die S142
se Shongololo-omrit gaan. Besoekers kan bedags hier ontspan en die voëls en diere dophou wat hulle dors kom les. Hier is gewoonlik seekoeie, maar die watergat voor die kamp is redelik klein en die oorkantste wal is net te steil vir wild om daar te kan drink. Wees op die uitkyk vir krokodille.
Dit is ook die tuiste van bontkiewiete, groenrug- en bloureiers asook driebandstrandkiewiete. Die sku witrugnagreier word soms in die digte plantegroei oorkant die watergat regoor die skuiling gesien.
Die skuiling kan oornag as verblyf bespreek word. Daar is slaapplek vir ses mense op opvoubeddens wat bedags teen die mure vasgesluit word. Die skuiling kan slegs vir een nag bespreek word en die beddens mag smiddae eers 30 minute voor hektoemaaktyd afgeslaan word. Die volgende oggend moet die skuiling 30 minute ná hekoopmaaktyd ontruim wees.
Shipandani het ’n badkamer met ’n toilet, asook ’n braaiplek onder die sterre. Hoewel die braaiplek agter die skuiling is, is dit binne ’n omheinde gebied wat jou en jou voertuig teen wilde diere beskerm. Moenie saans buite die skuiling gaan rondloop nie.
As jy by Shipandaniwil bespreek, gaan na die Sanparke-webwerf.
![]() |
![]() |
|
|
Shipandani het ’n klein braaiplek agter die skuiling. |
Die skuiling is lekker snoesig. |
As jy by Shipandani oornag, kry jy bedlinne en ’n lamp wanneer jy by die Mopani-ruskamp inteken. Jy moet jou eie water, hout, eetgerei en insekweerder saambring, maar kan ’n waterbottel en ’n braairooster by Mopani aanvra. Hulle verskaf ook die sleutels om die beddens te ontsluit.

Seekoeie is volop by Shipandani.
Die seekoeie se genurk kan jou wakker hou, maar dis ’n ervaring om hulle van so naby te hoor. In die somer maak die muskiete amok; pak dus insekweerder in. Dit kan dan erg warm raak langs die water, terwyl jy in die winter ’n ekstra warmding moet saamvat.
As jy registreer kan jy:







