• Wildkyk |
  • In die gebied |
  • Letaba |
  • Sable-oornagskuiling

 


Sable-oornagskuiling


(’n Oornagskuiling langs die  S51)

Sable

Sable is een van twee oornagskuilings in die wildtuin en is langs die Sabledam naby die Phalaborwahek op die S51-grondpadomrit. Besoekers kan bedags hier ontspan en die voëls en diere dophou wat hulle dors kom les. Jy sal seekoeie, krokodille, olifante en leeus, asook watervoëls soos ooievaars, aasvoëls en kolganse hier sien.

Die skuiling kan oornag as verblyf bespreek word. Daar is slaapplek vir nege mense op opvoubeddens wat bedags teen die mure vasgesluit word. Die skuiling kan slegs vir een nag bespreek word en die beddens mag smiddae eers 30 minute voor hektoemaaktyd afgeslaan word. Die volgende oggend moet die skuiling 30 minute ná hekoopmaaktyd ontruim wees.

Sable het ’n badkamer met ’n toilet en ’n wasbak vir oornagbesoekers (nie vir dagbesoekers nie), asook ’n braaiplek onder die sterre. Hoewel die braaiplek agter die skuiling is, is dit binne ’n omheinde gebied wat jou en jou voertuig teen wilde diere beskerm.

As jy by Sable wil bespreek, gaan na die Sanparke-webwerf.

 

Sable Hide   Inside The Hide

Die Sable-skuiling kyk uit oor die groot dam waarna dit genoem is.

 

Die skuiling is baie ruim, met bankies en opvoubeddens teen die muur.

Bird Paintings   BBQ Facilities

Aan die onderkant van die beddens, wat bedags teen die mure vasgesluit word, is pragtige voëlskilderye.

 

Agter die oornagskuiling is ’n omheinde braaiplek, badkamer en veilige parkeerplek.

Beds Down   View rom the beds

Beddens vou oop uit die muur.

 

Die vensters is laag genoeg dat jy na jou voëlgids kan loer én die buitewêreld van jou bed af kan dophou.

As jy by Sable se oornag, kry jy bedlinne en ’n lamp wanneer jy by die Phalaborwahek inteken. Jy moet jou eie water, hout, eetgerei en insekweerder saambring, maar kan ’n waterbottel en ’n braairooster by die hek aanvra. Hulle verskaf ook die sleutels om die beddens te ontsluit.

Light and fire

Sable het nie elektrisiteit nie, maar jy kry ’n lamp by die Phalaborwahek.

Teen sononder daag ’n trop leeus soms by die Sable-skuiling op en brul dan vir die res van die nag. Bespreek die skuiling vir ’n volmaannag, want dan kan jy die dam en omgewing lekker met ’n verkyker bespied. Kyk saans ook uit vir klein boompaddatjies in die skuiling. Neem ekstra warm klere en beddegoed in die winter; dit raak koud langs die water.

Terug na die Letaba-wildkykkaart


Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.