Dinamiese kaarte van hoofruskampe

Die Kruger-gids maak dit maklik om die hoofruskampe vooraf te verken. Vir elke kamp is daar ’n dinamiese kaart met foto’s wat op die skerm verskyn. Die kaarte gee jou ’n idee van hoe die kamp se geriewe lyk, byvoorbeeld die swembad, restaurant of kampeerterrein. Onder is die kaart van Skukuza as voorbeeld.
As jy jou muis oor die kaart beweeg, sal jy sien sommige ikone is skakels wat jou na nog inligting sal lei. Dit is meestal vir bungalows en kampeerterreine, en soms ook vir safaritente, rivierfronte en museums of biblioteke.
Onder elke kaart is daar ’n skakel na ’n foto van die kamp en wild. Die kampgalery bevat foto’s van kampgeriewe en die wildkykgalery se foto’s is op die paaie rondom die kamp geneem as ’n aptytwekker vir wat voorlê tydens jou besoek.
As jy nou een van die hoofruskampe wil verken, klik aan die regterkant op die ruskamp van jou keuse.
* Skukuza as voorbeeld

|
Kamp |
Wildkyk |
![]() |
![]() |
As jy registreer kan jy:







