
Tsendze is een van die gunstelingkampe in die Krugerwildtuin en kampeer is die enigste verblyfopsie. Vir geriewe soos ’n swembad, winkel, restaurant, vulstasie en ontvangskantoor moet jy verbyhou na Mopani, net noord van Tsendze. Geen dagbesoekers of kragopwekkers word hier toegelaat nie, wat dit ook die stilste kamp in die wildtuin maak.
Die staanplekke is groot en baie privaat. Die ablusieblokke en kombuise is goed ontwerp en staan tussen die digte plantegroei wat Tsendze so ongerep laat voel en voëls lok. Oop storte gee jou die kans om bedags onder die blou lug en saans onder die sterre te stort.
Kyk na die ruskampkaart hieronder om die verskillende dele van die kamp te besigtig. Vir nog inligting en foto’s, klik op die ikone op die kaart. As jy die padnetwerk rondom die kamp wil sien, klik op die wildkykskakel aan die regterkant.

|
Kamp |
Wildkyk |
As jy by Tsendze wil bespreek, volg hierdie skakel na die Sanparke-webwerf.
Klik hier vir Tsendze se dinamiese wildkykkaart.
3 paaie wat jy moet ry:
S143 vir skaars boksoorte en olifante.
S50 (suidelike punt) vir basterhartbeeste en voëls.
H15 vir basterhartbeeste en witrenosters.
Kyk uit vir hierdie diere:
Basterhartbeeste langs die S143, S50 en die H15.
Bastergemsbokke en elande by die Tihongonyeni-watergat langs die S143.
Olifantbulle langs die S143 se oop vlaktes.
Luiperds langs die rivieromritte van die H1-6-suid langs die Tsendzerivier.
Lees meer oor:
Kampeerterreine
Ligging

As jy registreer kan jy:







