shingwedzi camp map key


Shingwedzi


Shingwedzi is een van die mees afgesonderde ruskampe in die Krugerwildtuin. Dis ver van al die ingangshekke af en byna ’n hele dag se ry van Johannesburg af, wat dit baie stil en rustig maak. Al is die ruskamp op die oewer van die Shingwedzirivier, is die uitsig nie so besonders soos by ander rivierkampe nie.

Daar is egter bungalows te kus en te keur en die kampeerterrein is wonderlik. Dit is groot, gelyk en langs ’n swembad. Voëlkykers kom spesiaal na Shingwedzi om spesies soos die lysternagtegaal en die palmmôrelyster uit te snuffel. Van die algemener spesies wat jy sal sien, is die mikstertbyvanger, rooioogtortelduif en swartvlieëvanger.

Kyk na die ruskampkaart hieronder om die verskillende dele van die kamp te besigtig. Vir nog inligting en foto’s, klik op die ikone op die kaart. As jy die padnetwerk rondom die kamp wil sien, klik op die wildkykskakel aan die regterkant.

shingwedzi kamp kaart

Galerye

Kamp

Wildkyk

shingwedzi camp gallery
shingwedzi game viewing gallery

 

As jy by Shingwedzi wil bespreek, volg hierdie skakel na die Sanparke-webwerf.

 
Wildkyk by Shingwedzi

shingwedzi area map

Klik hier vir Shingwedzi se dinamiese wildkykkaart.

3 paaie wat jy moet ry:

S56 vir natuurskoon en luiperds.
S135 vir krokodille en voëls in die somer.
S52 vir leeus, luiperds, buffels en olifante.

Kyk uit vir hierdie diere:

Tropiese grysbokke langs die S56

Gevlekte hiënas se neste langs die H1-6-noord, net suid van die afdraai na die ruskamp.

Njalas in die noordelike dele van die S50 en die  S135.

Krokodille onder die lae sementbrug op die S135 wanneer die Shingwedzirivier in vloed is.

Bastergemsbokke en elande in die oop vlaktes naby Babalala langs die H1-7.

Lees meer oor:

shingwedzi position



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.