
Punda Maria is enige voëlkyker se droom. Die unieke sandveldhabitat lok voëlspesies wat nie in ander wildtuinhabitatte voorkom nie. Jy sien onder meer die savannepapegaai, kuifkoptarentaal, boslaksman, vlieëvanger, vuurvink en uile.
Die verblyf bestaan uit bungalows, luukse safaritente en ’n groot kampeerterrein. Daar is ook ’n piepklein ontvangskantoor, winkel, kafeteria en restaurant, wat alles binne-in die Skukuza-winkel sou pas.
Kyk na die ruskampkaart hieronder om die verskillende dele van die kamp te besigtig. Vir nog inligting en foto’s, klik op die ikone op die kaart. As jy die padnetwerk rondom die kamp wil sien, klik op die wildkykskakel aan die regterkant.

|
Kamp |
Wildkyk |
As jy by Punda Maria wil bespreek, volg hierdie skakel na die Sanparke-webwerf.
Klik hier vir Punda Maria se dinamiese wildkykkaart.
3 paaie wat jy moet ry:
S63 en S99 vir voëls en natuurskoon.
S94 vir voëls, natuurskoon en njalas.
Kyk uit vir hierdie diere:
Tropiese grysbokke en soenies langs die S99 en S63.
Samango-ape langs die S63
Elande en bastergemsbokke die Klopperfontein-watergat langs die H1-7-suid.
Lees meer oor:
Ligging

As jy registreer kan jy:







