tamboti camp map key


Tamboti


Tamboti het net safaritente en dagbesoekers word nie toegelaat nie. Vir inkopies en brandstof moet ’n mens na Orpen ry, want daar is nie ’n winkel, kafeteria of restaurant nie.

Die ruskamp is op die oewer van die Timbavatirivier en elke safaritent het ’n rivieruitsig. Die digte rivierbosse sonder die tente af en skep ’n bietjie privaatheid. Van die tente het badkamers, maar die meeste besoekers moet die klein gemeenskaplike ablusieblokke en kombuisies gebruik.

Die kamp voel baie ongerep en het ’n groot verskeidenheid voëls. ’n Mens kan vir ’n week hier bly sonder om ander mense raak te loop.

Kyk na die ruskampkaart hieronder om die verskillende dele van die kamp te besigtig. Vir nog inligting en foto’s, klik op die ikone op die kaart. As jy die padnetwerk rondom die kamp wil sien, klik op die wildkykskakel aan die regterkant.

tamboti camp map

Galerye

Kamp

Wildkyk

tamboti camp gallery
tamboti game viewing gallery

 

 

As jy by Tamboti wil bespreek, volg hierdie skakel na die Sanparke-webwerf.

 
Wildkyk by Tamboti

orpen area map

Klik hier vir Tamboti se dinamiese wildkykkaart.

3 paaie wat jy moet ry:

H7 vir die groot vyf.
S39-suid  vir natuurskoon.
S126 vir leeus en olifante.

Kyk uit vir hierdie diere:

Jagluiperds langs die H7 - naby Orpen en die  S36-S39-suidkruising.

Rooijakkalse langs die H7 naby die Orpenhek se oop gebiede.

Buffels en olifante by die Timbavatirivierbedding langs H7.

Tierboskatte in die lang gras langs die S106

Lees meer oor:

Safaritente
 

Ligging

tamboti position



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.