
Satara is so te sê sinoniem met leeus. Die ruskamp lê in ’n gebied wat baie gras- en blaarvreters lok, wat op hul beurt roofdiere lok.
Jy kan reg langs die heining kamp en sommer in jou kampstoel sit en wild kyk – byna 300 m van die kamp strek langs die draad af. Rooibokke, sebras, blouwildebeeste, kameelperde, koedoes, buffels, olifante en gevlekte hiënas loop in die oop gebied langs die heining.
Die res van die kamp is groot, maar nie baie indrukwekkend nie. Dis plat wêreld dié; daar is dus nie uitsigte om van te praat of ’n rivier wat voor die restaurant verby kronkel nie. Die bungalows is in ses groot sirkels gebou en in die middel van die kamp is ’n ontspanningsterrein met ’n swembad en klimraam vir die jongspan.
Kyk na die ruskampkaart hieronder om die verskillende dele van die kamp te besigtig. Vir nog inligting en foto’s, klik op die ikone op die kaart. As jy die padnetwerk rondom die kamp wil sien, klik op die wildkykskakel aan die regterkant.

|
Kamp |
Wildkyk |
As jy by Satara wil bespreek, volg hierdie skakel na die Sanparke-webwerf.
Klik hier vir Satara se dinamiese wildkykkaart.
3 paaie wat jy moet ry:
S100 vir roofdiere.
H7 vir jagluiperds.
S126 vir leeus en olifante.
Kyk uit vir hierdie diere:
Leeus langs die S100 en rondom Satara.
Witrenosters langs die S41.
Jagluiperds langs die H7 naby die S36-S39-suidkruising.
Gevlekte hiënas se neste langs die H6 omtrent 9 km oos van die H1-3-T-aansluiting.
Lees meer oor:
As jy registreer kan jy:







