skukuza camp map key


Pretoriuskop


Pretoriuskop is een van die oudste ruskampe in die wildtuin. Dit het nie die beste reputasie vir wildkyk nie, maar het oor die jare al baie verrassings opgelewer. In die somer is dit effens koeler hier, omdat dit een van die wildtuin se mees hoogliggende ruskampe is.

Die plantegroei hier is uniek aan die wildtuin en ’n verskeidenheid skaars boksoorte, wat die lang gras van dié omgewing verkies, soos die swartwitpens, basterhartbees, mofhartbees en rietbok kom hier voor. Die gebied wemel ook van voëls.

Die pragtige swembad langs ’n reuse-klipplaat is ’n gewilde uitspanplek. Die bungalows en hutte staan in groot sirkels, wat ’n gesellige atmosfeer skep. Die kampeerterrein voel egter effens beknop en die staanplekke is ongelyk met min skaduwee.

Kyk na die ruskampkaart hieronder om die verskillende dele van die kamp te besigtig. Vir nog inligting en foto’s, klik op die ikone op die kaart. As jy die padnetwerk rondom die kamp wil sien, klik op die wildkykskakel aan die regterkant.

pretoriuskop camp map

Galerye

Kamp

Wildkyk

Pretoriuskop camp gallery
Pretoriuskop Game viewing gallery

 

As jy by Pretoriuskop wil bespreek, volg hierdie skakel na die Sanparke-webwerf.

Wildkyk by Pretoriuskop

pretoriuskop game viewing

Klik hier vir Pretoriuskop se dinamiese wildkykkaart.

3 paaie wat jy moet ry:

H2-2 vir skaars boksoorte en historiese terreine.
S1 vir die groot vyf.
S10 vir natuurskoon.

Kyk uit vir hierdie diere:

Swartwitpense, mofhartbeeste, basterhartbeeste en rietbokke langs die omritte om die ruskamp.

Witrenosters langs die H1-1 en die meeste ander paaie om die kamp.

Lees meer oor:



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.