orpen camp map key


Orpen


Orpen was eers ’n ruskamp én ’n inhangshek, maar die hek en die dagbesoekersterrein is geskuif en dié klein kampie is nou meer privaat.

Besoekers kan in ’n handjievol bungalows of kothuise oorbly; Orpen het geen kampeerterrein of safaritente nie. Hiervoor moet besoekers by sy twee nabygeleë susterskampe, Tamboti (net safaritente) en Maroela (net vir kampeerders), aanklop.

Orpen is ’n paradys vir voëlkykers en die swembad kyk uit oor ’n klein watergat net buite die kamp. Daar is nie nog ’n swembad in die wildtuin se hoofkampe waar jy olifante en ander diere vanuit die koel water kan dophou nie. Daar is ’n klein winkeltjie, maar geen restaurant nie.

Kyk na die ruskampkaart hieronder om die verskillende dele van die kamp te besigtig. Vir nog inligting en foto’s, klik op die ikone op die kaart. As jy die padnetwerk rondom die kamp wil sien, klik op die wildkykskakel aan die regterkant.

Orpen kamp kaart

Galerye

Kamp

Wildkyk

orpen camp gallery
orpen game viewing gallery

 

As jy by Orpen wil bespreek, volg hierdie skakel na die Sanparke-webwerf.

 
Wildkyk by Orpen

orpen area map

Klik hier vir Orpen se dinamiese wildkykkaart.

3 paaie wat jy moet ry:

H7 vir die groot vyf.
S39-suid  vir natuurskoon.
S126 vir leeus en olifante.

Kyk uit vir hierdie diere:

Jagluiperds langs die H7 - naby Orpen of die S36 en S39-suid kruising.

Rooijakkalse langs die H7 naby die Orpenhek se oop gebiede.

Buffels en olifante in die Timbavatirivierbedding langs die H7.

Tierboskatte langs die S106.

Lees meer oor:

Bungalows

Ligging

orpen position



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.