lower sabie camp map key


Onder-Sabie


Onder-Sabie is nie om dowe neute een van die gewildste ruskampe in die wildtuin nie. Dit is in die beste wildkykgebied en bied iets vir almal, van kamp-entoesiaste tot diegene wat iets meer luuks verkies. Die safaritente het ’n wonderlike rivieruitsig.

Die reuse-houtdek voor die kafeteria en restaurant is ’n groot trekpleister – dis heerlik om hier middagete te eet of ’n skemerkelkie te geniet. Onder-Sabie voel nie so stampvol soos Skukuza nie, maar die kamp en wildkykpaaie raak ook maar bedrywig. Bespreek dus vooruit as jy hier wil bly.

Kyk na die ruskampkaart hieronder om die verskillende dele van die kamp te besigtig. Vir nog inligting en foto’s, klik op die ikone op die kaart. As jy die padnetwerk rondom die kamp wil sien, klik op die wildkykskakel aan die regterkant.

Lower Sabie kamp kaart

Galerye

Kamp

Wildkyk

camp gallery
game viewing gallery

 

 

As jy by Onder-Sabie wil bespreek, volg hierdie skakel na die Sanparke-webwerf.

 
Wildkyk by Onder-Sabie

lower sabie area map

Klik hier vir Onder-Sabie se dinamiese wildkykkaart.

3 paaie wat jy moet ry

H10 vir leeus en jagluiperds.
130 vir witrenosters.
H4-1 vir luiperds.

Kyk uit vr hierdie diere:

Leeus vroegoggend langs die H10.

Witrenosters langs die paaie rondom die kamp.

Jagluiperds langs die grondpaaie noord van die kamp of die S28 suid van die kamp.

Tierboskatte word gesien vroegoggend op enige van die paaie noord van die kamp. Hulle verkies lang gras in oop areas.

Lees meer oor:

lower sabie location



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.