olifants camp map key


Olifants


Die Olifants ruskamp is teen ’n heuwel geleë en kyk uit oor die indrukwekkende Olifantsrivier, waarna dit genoem is. Bespreek betyds, want dit is een van die wildtuin se gewildste kampe.

Hier is nie ’n kampeerterrein nie, maar die kleiner susterskamp, Balule, het wel een. Die Olifants se besoekers kan die rivier en die bosveld dophou uit die restaurant en kafeteria, asook van grasdakuitkykpunte se bankies af.

Min ander kampe bied soveel begeleide aktiwiteite. Buiten die gewone oggend- en aandwildkykritte kan jy gaan bergfietsry, sterre kyk of langs die rivier gaan stap. Daar is ook ’n voetslaanroete van ’n paar dae wat by die Olifants begin.

Kyk na die ruskampkaart hieronder om die verskillende dele van die kamp te besigtig. Vir nog inligting en foto’s, klik op die ikone op die kaart. As jy die padnetwerk rondom die kamp wil sien, klik op die wildkykskakel aan die regterkant.

olifants kamp kaart

Galerye

Kamp

Wildkyk

olifants camp gallery
olifants game viewing gallery

 

As jy by Olifants wil bespreek, volg hierdie skakel na die Sanparke-webwerf.

 
Wildkyk by Olifants

olifants area map

Klik hier vir Olifants se dinamiese wildkykkaart.

3 paaie wat jy moet ry:

S39-noord vir natuurskoon.
S90 (noordelike punt) vir leeus en jagluiperds.
H1-4 vir leeus.

Kyk uit vir hierdie diere:

Olifante op die hoë brug oor die Olifantsrivier, waar die  H1-4 en H1-5 aansluit.

Leeus by die Bangu-watergat langs die S90 vroeg in die oggend.

Wildehonde  kan gesien word op die S89.

Lees meer oor:

olifants position



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.