
Mense is gewoonlik óf mal oor Mopani óf haat dit. Sommige mense vermy dit en ander keer jaar ná jaar terug na dié ruskamp met geen kampeerterrein nie en min verblyfopsies. Eentonige mopaniewoude oorheers die plantegroei, wat wildkyk moeilik maak. Die stilte van die ruskamp en die paaie rondom dit is egter vir sommige die bekoring van dié kamp.
Die kampterrein het ’n baie lekker swembad en ’n restaurant wat oor die Pionierdam uitkyk. Daar is ook ’n kort staproete wat al langs die dam kronkel. Mopani se susterskamp, Tsendze, is slegs vir kampeerders.
Kyk na die ruskampkaart hieronder om die verskillende dele van die kamp te besigtig. Vir nog inligting en foto’s, klik op die ikone op die kaart. As jy die padnetwerk rondom die kamp wil sien, klik op die wildkykskakel aan die regterkant.

|
Kamp |
Wildkyk |
As jy by Mopani wil bespreek, volg hierdie skakel na die Sanparke-webwerf.
Klik hier vir Mopani se dinamiese wildkykkaart.
3 paaie wat jy moet ry:
S143 vir skaars boksoorte en olifante.
S50 (suidelike punt) vir basterhartbeeste en voëls.
H15 vir basterhartbeeste en witrenosters.
Kyk uit vir hierdie diere:
Basterhartbeeste langs die S143, S50 en H15.
Bastergemsbokke and elande by die Thihongonyeni-watergat langs die S143.
Olifantbulle op die oop vlaktes langs die S143.
Luiperds langs die rivieromritte van die H1-6-suid langs die Tsendzerivier.
Lees meer oor:
Ligging

As jy registreer kan jy:







