maroela camp map key


Maroela


Maroela is net vir kampeerders en geen dagbesoekers word toegelaat nie. Dit is dus baie rustig, want daar is nie ’n winkel, kafeteria of restaurant nie en ’n mens moet na Orpen ry vir inkopies of brandstof. Die kampeerterrein is op die oewer van die Timbavatirivier en baie wild beweeg hier rond. Die staanplekke het elektrisiteit en daar is een klein ablusieblok, ‘n kombuisie en twee gemeenskaplike vrieskaste.

Blouape is ’n pes in Maroela; onthou dus om jou kos en kosbaarhede weg te sit wanneer jy gaan wildkyk.

Kyk na die ruskampkaart hieronder om die verskillende dele van die kamp te besigtig. Vir nog inligting en foto’s, klik op die ikone op die kaart. As jy die padnetwerk rondom die kamp wil sien, klik op die wildkykskakel aan die regterkant.

maroela camp map

Galerye

Kamp

Wildkyk

maroela camp gallery
maroela game viewing gallery

 

As jy by Maroela wil bespreek, volg hierdie skakel na die Sanparke-webwerf.

 
Wildkyk by Maroela

orpen area map

Klik hier vir Maroela se dinamiese wildkykkaart.
 

3 paaie wat jy moet ry:

H7 vir die groot vyf.
S39-suid  vir natuurskoon.
S126 vir leeus en olifante.

Kyk uit vir hierdie diere:

Jagluiperds word gevind op die H7 - naby Orpen, maar meer gereeld op die suidkruising S36-S39.

Rooijakkalse langs die H7 by die Orpenhek se oop gebiede.

Buffels en olifante in die Timbavatirivierbedding langs die H7.

Hou jou oë oop vir tierboskatte langs die  S106.

Lees meer oor:

Kampeerterreine

 

Ligging

maroela position



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.