camp map key


Malelane


Die klein Malelane-ruskamp op die oewer van die Krokodilrivier is tussen die Malelane-hek en die Berg-en-Dal-ruskamp. Besoekers moet by Berg-en-Dal inteken, want Malelane het nie ’n ontvangskantoor of winkel nie.

Hierdie kamp is een van die stilstes in die wildtuin. ’n Paar bungalows langs die uitgestrekte groen grasperke kyk oor die rivier uit, maar ’n mens sien ongelukkig ook die suikerrietlanderye en ander mensgemaakte strukture op die oorkantste wal.

Die kampeerterrein is nie ideaal nie. Die staanplekke is ongelyk en skaduwee is skraps. Besoekers deel ’n ablusieblok en ’n kombuis.

Kyk na die ruskampkaart hieronder om die verskillende dele van die kamp te besigtig. Vir nog inligting en foto’s, klik op die ikone op die kaart. As jy die padnetwerk rondom die kamp wil sien, klik op die wildkykskakel aan die regterkant.

Malelane kamp kaart

Galerye

Kamp

Wildkyk

malelane camp gallery
malelane game viewing gallery

 

As jy by Malelane wil bespreek, volg hierdie skakel na die Sanparke-webwerf.

 
Wildkyk by Malelane

malelane game viewing

Klik hier vir Malelane se dinamiese wildkykkaart. Malelane en Berg-en-Dal deel ’n wildkykkaart.

3 paaie wat jy moet ry:

S118 & S119 vir buffels en olifante.
S110 grondpad vir wit luiperds.
S23 vir natuurskoon.

Kyk uit vir hierdie diere:

Wildehonde by die Krokodilrivier langs die S114, S25 of gruispaaie in die omgewing.

Witrenosters langs die  S110 en S120, veral naby die Matjulu-watergat.

Luiperds langs die S110 -gruispad; ry dus stadig daar verby.

Lees meer oor:

Bungalows
Kampeerterreine

Ligging

malelane position



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.