letaba camp map key


Letaba


As wildkyk glad nie ’n rol gespeel het nie, sou Letaba een van die beste kampe in die wildtuin gewees het. Die omliggende mopanieveld is nie ideaal vir wildkyk nie en dit verg ’n bietjie moeite – of ’n goeie skeut geluk – om die groot vyf hier op te spoor, selfs as jy langer as ’n week bly. Olifante en buffels is egter volop.

Die kamp self is egter wonderlik. Letaba is op die oewer van die reuse-Letabarivier en het een van die mooiste uitsigte oor die rivier. Yslike bome staan die kamp vol en gooi oral skaduwee, lok voëls en dien as ’n buffer vir lawaai.

Daar is twee swembaddens; een langs die safaritente en een in die besoekersterrein aan die rand van die kamp. Hier is ook ’n kitsbank, klein kwekery en TV-kamer. 

Kyk na die ruskampkaart hieronder om die verskillende dele van die kamp te besigtig. Vir nog inligting en foto’s, klik op die ikone op die kaart. As jy die padnetwerk rondom die kamp wil sien, klik op die wildkykskakel aan die regterkant.

letaba kamp kaart

Galerye

Kamp

Wildkyk

letaba camp gallery
letaba game viewing gallery

 

As jy by Letaba wil bespreek, volg hierdie skakel na die Sanparke-webwerf.

 
Wildkyk by Letaba

letaba area map

Klik hier vir Letaba se dinamiese wildkykkaart.

3 paaie wat jy moet ry:

H1-6 south suid vir jagluiperds en olifante.
H9 vir buffels.
S46 vir natuurskoon en luiperds.

Kyk uit vir hierdie diere:

Jagluiperds op die oop vlaktes noord van die kamp en die  H1-6 suid.

Luiperds by die Letabarivier langs die  S46 en S47.

Buffels kan gereeld gesien word langs die H9.

Lees meer oor:

letaba position



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.