crocodile bridge camp map key

 


Krokodilbrug


Krokodilbrug, in die suidoostelike hoek van die wildtuin, is ’n ingangshek na die wildtuin én ’n kamp. Dit is een van die wildtuin se kleinste openbare kampe, maar die wild is volop. Die padnetwerk rondom die kamp is baie mooi en wemel van wild.

Omdat die ruskamp so klein is en op die rand van die wildtuin lê, het dit maar min atmosfeer, maar dít het ook sy voordele. Dit is in die algemeen baie stil en motors hoop nie soggens voor die hek op nie. Daar is boonop so baie paaie dat ’n mens nie baie ander voertuie teëkom nie; ’n mens het dus dikwels die pad én die wildtuin vir jouself.

Vir verblyf is daar net ’n handjievol safaritente en ’n klein kampeerterrein, maar die kamp is goed versorg en baie skaduryk.

Kyk na die ruskampkaart hieronder om die verskillende dele van die kamp te besigtig. Vir nog inligting en foto’s, klik op die ikone op die kaart. As jy die padnetwerk rondom die kamp wil sien, klik op die wildkykskakel aan die regterkant.

Krokodilbrug kamp kaart

Galerye

Kamp

Wildkyk

crocodile bridge camp gallery
Crocodile Bridge game viewing gallery

 

As jy by Krokodilbrug wil bespreek, volg hierdie skakel na die Sanparke-webwerf.

 
Wildkyk by Krokodilbrug

crocodile bridge map

Klik hier  vir Krokodilbrug se dinamiese wildkykkaart.

3 paaie wat jy moet ry:

S28 vir leeus en jagluiperds.
S130 vir witrenosters.
S26 vir natuurskoon.

Kyk uit vir hierdie diere:

Wildehonde rondom die kamp.

Witrenosters op die meeste paaie.

Jagluiperds kan gesien word op die oop S28-grondpad.

Lees meer oor:

crocodile bridge position in kruger



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.