
Balule is net suid van die Olifantsruskamp en is in twee dele verdeel: Een deel het ’n paar klein hutte, die ander ’n Kampeerterrein. Hoewel elke deel sy eie ingang het, kan besoekers tussen die twee beweeg. Daar is nie elektrisiteit nie; lig word saans deur lanterns verskaf wat die kamp ’n gesellige atmosfeer gee.
Daar is gemeenskaplike ablusieblokke en warm water word verskaf. Albei kante het ’n gemeenskaplike kombuis met ’n gasstoof en gasvrieskas. Geen dagbesoekers word by die kamp toegelaat nie. Vir brandstof, die winkel, kafeteria of restaurant moet jy na die Olifantsruskamp ry.
Kyk na die ruskampkaart hieronder om die verskillende dele van die kamp te besigtig. Vir nog inligting en foto’s, klik op die ikone op die kaart. As jy die padnetwerk rondom die kamp wil sien, klik op die wildkykskakel aan die regterkant.

|
Kamp |
Wildkyk |
As jy by Balule wil bespreek, volg hierdie skakel na die Sanparke-webwerf.
Klik hier vir Balule se dinamiese wildkykkaart.
3 paaie wat jy moet ry:
S39 noord vir natuurskoon.
S90 (noordelike punt) vir leeus en jagluiperds.
H1-4 vir leeus.
Kyk uit vir hierdie diere:
Olifante op die hoë brug oor die Olifantsrivier, waar die H1-4 by die H1-5 aansluit.
Leeus by die Bangu-watergat langs die S90 vroeg in die oggend.
Wildehonde langs die S89 van tyd tot tyd.
Lees meer oor
Ligging

As jy registreer kan jy:







