Gholf by Skukuza


Skukuza se 9-putjie-gholfbaan is net buite die ruskamp. Die baan is nie omhein nie en jy sal dit dalk deel met rooibokke, blouape en vlakvarke. Gevaarliker diere soos seekoeie, olifante en leeus loop ook soms hier verby.

Die baansyfer is 72 en die baan is 5 950 m vir mans en 5 059 m vir vroue. Om die baan te bereik draai jy by die kruising buite die ruskamp regs op die H11 en ná 4 km weer regs op die S42. Volg die grondpad verby die Lake Panic-voëlskuiling tot by die gholfbaan.

Bly maar ’n veilige afstand van die water af en moenie dit naby aan die groot of gevaarlike diere waag nie.

 

Rooibokke op die gholfbaan.

 

Sethoue langs die Panic-meer.

 

 

’n Seekoei naby die eerste putjie.

 

Kyk uit vir olifante!

Onthou dít:

    • Besoekers kan tussen 7 vm. en 11 vm. van Sondag tot Vrydag afslaan.
    • Jy moet vooraf ’n vrywaringsvorm teken.
    • Standaard-gholfklere word vereis.
    • Joggies is gewoonlik naweke beskikbaar, maar kan nie bespreek word nie.
    • Elektriese gholfkarretjies en stootgholfkarretjies is te huur.
    • Die klubhuis het ’n kroeg waar ligte verversings bestel kan word, en ’n televisie.
    • Bespreek vooraf om teleurstelling te voorkom. Bel 013 735 5543.


Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.