
’n Mens kan net by die Olifants- en Balule-ruskamp bergfiets ry. Twee gidse neem jou met ’n oop voertuig van dié kampe na ’n plek langs die Olifantsrivier. Van hier af trap jy op ’n ou tweespoor-instandhoudingspad deur die mopanieveld langs die rivier en deur ’n paar klein strome. Die fietse is verbasend stil.
![]() |
![]() |
|
|
Jou gids is ’n ervare fietsryer en dra ’n geweer om jou te beskerm. |
As jy nie van modder hou nie, moenie net ná die reën gaan ry nie. |
Jy stop af en toe langs die Olifantsrivier en stap tot op die riviersand om van nader na seekoeie, krokodille en voëls te kyk.
Die doel van die rit is om die bos per fiets te ervaar; moet dus nie baie diere verwag nie. Jy hoef nie ’n uitstekende fietsryer te wees nie, maar dit sal makliker gaan as almal in jou groep ewe fiks is.

Op soek na seekoeie langs die Olifantsrivier.
As jy registreer kan jy:







