Begeleide wildkykritte


Guided Drives

Drie soorte begeleide wildritte word by van die Krugerwildtuin se ruskampe aangebied: ’n sonsopkoms-, sonsondergang- en ’n nagrit.

Jy kan vooraf of by die ruskamp bespreek. Onthou, nie alle ruskampe bied wildritte aan nie. Vir meer inligting, gaan na die
Sanparke-webwerf
.

Sonsopkomsrit

Sun Drives

Die voertuie vertrek gewoonlik 1-1½ uur voor die hekke oopmaak. In die somer is dit soms reeds om 4.30 vm. Kolligte word gebruik om diere voor sonop op te spoor.

Die voordeel van ’n wildrit is dat jy eerste buite die kamp is en baie diere in die pad kan sien. Veral die groot katte, soos leeus, rus graag vroegoggend op die warm teer. Die rit duur ongeveer 3 uur.

Sonsondergangrit

Sunset Drives

Die rit vertrek gewoonlik ’n uur voor sononder en eindig ’n rukkie nadat dit donker geword het. Jy kry die kans om nagdiere soos gevlekte hiënas, muskejaatkatte en vaalboskatte te sien. Dit duur omtrent 3 uur en kolligte word gebruik om diere in die donker te vind. Van die ritte hou net voor sononder by ’n veilige plek stil sodat mense bene kan rek en foto’s kan neem.

Nagrit

Night Drives

Die nagrit begin ’n rukkie ná sononder en kolligte word gebruik om diere te soek. Dit duur gewoonlik 2 uur. Gidse stop nie sommer vir diere wat maklik bedags gesien word nie en kyk eerder uit vir spesies wat snags aktief is, soos ystervarke, tierboskatte, luiperds en nagape.

 
Wat kan ek sien?

Vra die gidse in die ruskamp watter spesies jy in die gebied kan verwag. Leeus hou byvoorbeeld van Laer-Sabie; wildehonde en luiperds kan jy weer op die Skukuza-sonsondergangrit sien.

Moet egter nie groot roofdiere verwag nie. Hulle hou hulle soms skaars. Geniet die ervaring en die gids se kennis – dis mos stukke beter as om in die ruskamp te sit.

Onthou:
Rook is verbode, behalwe wanneer die bestuurder stilhou en die gids toestemming gee. Neem altyd warm klere en insekweerder saam, asook eet- en drinkgoed.



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.