Avontuurroetes


(Ook bekend as 4x4-dagritte)

Die Krugerwildtuin het vier avontuurroetes wat elkeen in ’n unieke habitat is. By die meeste kampe mag net ses voertuie per dag die roete ry, wat uit tweespoorpaaie bestaan wat voorheen vir instandhouding gebruik is. Jy het dus die pad vir jouself en die impak op die omgewing is kleiner.

Jy bespreek eers op die dag wat jy wil ry. Slegs 4x4-voertuie word toegelaat en jy mag alleen ry. Jy kry ’n kaart met aanwysings en GPS-koördinate wat jou op koers sal hou. As jy probleme kry, moenie probeer terugstap nie. Bel die kamp of wag vir die wildtuinbeamptes as daar nie ’n selfoonsein is nie. Op reëndae en ná groot reëns word die roetes gesluit.

Jy mag uit jou voertuig klim, maar net in oop gebiede en op plekke waar geen gevaarlike diere naby is nie. Bly altyd 5-7 m van jou voertuig af.

 
Lees meer oor elke roete:
MANANGA Adventure Trail MADLABANTU Adventure Trail

Mananga-avontuurroete

(Satara)

Madlabantu-avontuurroete

(Pretoriuskop)

Onthou die volgende:

    • Die avontuurroetes is nie te straf nie; moet dus nie ’n 4x4-uitdaging verwag nie.
    • Jy bespreek op die dag wat jy wil gaan ry by die ontvangskantoor in die ruskamp.
    • Moenie uit jou voertuig klim naby die gewone toeristepaaie by die roetes se begin- en eindpunt nie.
    • Los die gebied netjies en begrawe alles as die natuur geroep het. Moenie vuurmaak nie.
    • Moenie strome of afvoerslote probeer oorsteek as dit in vloed is nie. Draai liewer om of wag dat die watervlak behoorlik daal.
    • Ry in viertrek en laestrek waar nodig sodat die paaie nie beskadig word nie.
    • Ry stadig (15-25 km/h).
    • Jy moet voor 11 vm. in die pad val sodat jy genoeg tyd het om die roete voor donker te voltooi.
    • Onthou om weer by die ruskamp se ontvangskantoor aan te meld as jy terug is.
    • Neem altyd genoeg water, kos, warm klere en komberse saam.
    • Moet niks wat jy in die veld kry, huis toe neem nie.


Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.