Witkwasjakkals

(Canis Adustus)


lion

Witkwasjakkalse kry hulle naam van die wit streep teen hulle sye en het die gewoonte om na jou te staar voordat hulle weghardloop. Dié spesie word nie naastenby so baie gesien soos die rooijakkals wat op droë, oop vlaktes gedy nie – die witkwas verkies ander habitatte wat natter en meer bebos is.

Skouerhoogte

±40 cm/15,8 duim

Gewig:

8-12 kg/17,6-26,5 pond

Kenmerke:

’n Duidelike wit streep teen elke sy.

Kos:

Veelsoortig, van jong bokke tot voëls, knaagdiere, insekte en aas.

Habitat:

Redelike nat, beboste gebiede.

Sosiale gedrag:

Pare of klein familiegroepe, asook alleenlopers.

Aktief:

Bedags, maar veral snags.

 


Terug na die soogdierblad

 
Kyk hier uit vir witkwasjakkalse:

Kampe:
Letaba

Mopani

Pretoriuskop

Drive these roads:
S131 gravel road

Enige pad naby Mopani

Wenwenke:

Soek in die mopanieveld in die noorde.

Moenie die witkwasjakkals met die rooijakkals verwar nie. Die witkwas is effens groter en skamer.



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.