(Lycaon Pictus)

Dis ’n gelukskoot as ’n mens wildehonde in die Krugerwildtuin sien, deels omdat daar so min is (250-350), en deels omdat hulle altyd beweeg. Hulle is meestal in die suide waar baie rooibokke voorkom.
![]() |
![]() |
|
Skouerhoogte |
60-75 cm/24-30 duim |
||
|
Gewig |
20-25 kg/45-55 pond |
||
|
Kenmerke |
Anders as ander hondspesies het elke wildehond se pels ’n unieke patroon. |
||
|
Kos |
Wildehonde jag in troppe en trek klein tot middelslag-boksoorte plat. Rooibokke, koedoes en wildebeeste word onder meer gejag. |
||
|
Habitat |
Digte plantegroei en lang gras word vermy en oop gebiede word verkies omdat hulle op sig staatmaak om te jag. Hulle vermy ook gebiede waar leeus volop is. Nietemin is hulle dikwels naby Skukuza (met sy digte plantegroei en baie leeus), waarskynlik weens die groot rooibokbevolking. |
||
|
Sosiale gedrag |
Kleiner troppe van 5-15 is algemeen, maar die getalle wissel en hulle vorm ook sosiale troppe van 40 of meer. Elke trop het ’n dominante reun en teef. |
||
|
Aktief |
Bedags, gewoonlik vroegoggend en laatmiddag. Wildehonde hardloop hulle prooi in en maak dus nie op die donker staat nie. Hulle jags soms in die maanlig. |
||
|
Kleintjies |
2-10 kleintjies word ná 69-73 dae gebore en ná omtrent 5 weke gespeen. |

Kampe:
Skukuza
Berg-en-Dal
Krokodilbrug
Pretoriuskop
Paaie:
H11-teerpad
S114-grondpad
S1-Doispanepad
H4-2-teerpad
H1-1-teerpad
Wenwenke:
Kyk op die paaie rondom Skukuza, veral die H11.
Vroegoggend en laatmiddag is die beste tye.
Kyk na wildehondfoto’s
As jy registreer kan jy:







