
’n Varswaterskilpad is nie ’n ware skilpad nie, maar ’n unieke spesie wat sy nek sywaarts onder die dop intrek, meestal in water leef en baie platter is as die gewone skilpad. Hulle pote het ook webbe om mee te swem.
Twee soorte varswaterskilpaaie, die moeras- of helmwaterskilpad en die skulprand-skarnierwaterskilpad, kom in die meeste riviere, damme en natuurlike watergate in die Krugerwildtuin voor.
Hulle steek soms paaie oor wanneer hulle van een waterbron na ’n ander een beweeg. Kyk uit vir hulle op rivieroewers, damme en poele of waar hulle op klippe in die son bak.

Kampe:
Onder-Sabie
Krokodilbrug
Satara
Skukuza
Paaie:
Wenwenke:
Kyk by enige klein rivieroorgang. Varswaterskilpaaie sit en bak graag op klippe.
Kyk op rivier- en damwalle uit vir donker, ronde vorms wat met die eerste oogopslag soos klippe lyk.
Kyk na reptielfoto’s
As jy registreer kan jy:







