Vaalboskat

(Felis Lybica)


lion

Vaalboskatte lyk soos wilde huiskatte, maar is pure bos. Hulle is die direkte voorouers van die katte wat ons as troeteldiere aanhou, maar is effens langer en het ’n ligte sandkleurige tot ’n donkergrys pels wat rooibruin is agter die ore. Hulle het swart strepe op hulle bene en sterte. Jy kan jou baie gelukkig ag as jy een teëkom – hulle word uiters selde en onverwags gesien. 

Skouerhoogte:

±35 cm/13,8 duim

Gewig:

2,5-6 kg/5,5-13,2 pond

Kenmerke:

Lyk baie soos ’n huiskat, net effens groter.

Kos:

Meestal knaagdiere, maar ook voëls, insekte en ander klein diertjies.

Habitat:

Baie aanpasbaar, dus enige habitat met skuilplek.

Sosiale gedrag:

Alleenlopers.

Aktief:

Meestal snags; soms ook vroegoggend en laatmiddag.

 


Terug na die soogdierblad

 
Kyk hier uit vir vaalboskatte:

Hoewel vaalboskatte oral in die Krugerwildtuin voorkom, is hulle so ontwykend dat dit byna onmoontlik is om kampe en paaie aan te beveel. ’n Begeleide nagrit is die beste moontlikheid.



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.