(Raphicerus Sharpei)

Die klein, onopvallende tropiese grysbok word dikwels vir ’n steenbok aangesien. Hulle is omtrent ewe groot, maar die tropiese grysbok het ’n donkerder rooi pels met fyn wit strepies. Dié skaars boksoort is volop in spesifieke gebiede in die noorde van die Krugerwildtuin – by Shingwedzi en Punda Maria asook langs riviere waar die plantegroei dig is.
|
Skouerhoogte: |
±50 cm/19,7 duim |
|
Gewig: |
7,5 kg/16,5 pond |
|
Kos: |
Meestal blare, maar ook gras, saadpeule en wilde vrugte. |
|
Habitat: |
Lae ruigtes. |
|
Sosiale gedrag: |
Gewoonlik alleenlopers. |
|
Aktief: |
Snags, maar wei ook vroegoggend en laatmiddag. |
Kampe:
Punda Maria
Shingwedzi
Paaie:
S56-Mphongolo-omrit
S99-Mahonie-omrit
S63-grondpad
S39-suid
Wenwenke:
Kyk in die noorde in die Punda Maria-sandveld.
Soek by Shingwedzi in die ruigtes langs die Shingwedzi- en Mphongolo-rivier.
Kyk na bokfoto’s
As jy registreer kan jy:







