(Felis Serval)

Hoewel die tierboskat as ’n klein kat geklassifiseer is, is hy redelik groot. Sy pels is gelerig met strepe en kolle en hy het groot ore waarmee hy sy prooi in lang gras opspoor.
|
Skouerhoogte: |
60 cm/23,6 duim |
|
Gewig: |
8-13 kg/17,6-28,7 pond |
|
Kenmerke: |
’n Gelerige kat wat baie na ’n jagluiperd lyk. |
|
Kos: |
Meestal knaagdiere, maar ook voëls, reptiele en insekte. |
|
Habitat: |
Oop gebiede met lang gras. |
|
Sosiale gedrag: |
Meestal alleenlopers, maar soms ook pare of familiegroepe. |
|
Aktief: |
Meestal snags. |
Kampe:
Onder-Sabie
Orpen/Tamboti/Maroela
Satara
Paaie:
H10-teerpad
S29-grondpad
S128-grondpad
S106-grondpad
Wenwenke:
Kyk in oop gebiede met lang gras, en veral die oop vlaktes reg noord van Onder-Sabie!
As jy self ry, gaan vroegoggend.
Gaan op ’n nagrit in een van die ruskampe hierbo.
As jy registreer kan jy:







